Jentsch weer onder die hamer
Werke van swaargewigte op die kunsmark sal onder die 90 items wees wat by Strauss & Co se aanlyn veiling vandag opgeveil sal word.
Die kunsafslaer Strauss & Co bied vandag ’n tematiese veiling aan van kunswerke van Suid-Afrikaanse kunstenaars wat van ’n impressionistiese en ekspressionistiese styl gebruik gemaak het.
Hoewel dié regstreekse aanlyn veiling – getiteld Impression/Expression: from Hugo Naudé to Georgina Gratrix – eksklusief uit werke van Suid-Afrikaanse kunstenaars bestaan, sal twee klassieke voorbeelde van die Namibiese skilder Adolph Jentsch se vroeë werk ook onder die hamer kom.
Die Duits gebore Jentsch is by die prestige Dresden Academy of Fine Arts opgelei, waar sy paaie met dié van bekendes soos Max Pechstein, Kurt Schwitters en George Grosz gekruis het.
Hy het die vorming van Die Brücke – ’n groep kunstenaars wat destyds met kontrasterende kleure en “avantgarde”- temas geëksperimenteer het – eerstehands beleef.
Ondanks sy verhouding met dié groep, wat een van die hoekstene van die Duitse ekspressionisme geword het, is Jentsch se eie skilderstyl nie juis deur dié beweging beïnvloed nie.
Trouens, soos sy kalm en idilliese uitbeelding van die Moritzburglandskap (“Moritzburg”) bewys, was hy geneig om van kalm kleurharmonieë en slegs ’n effens verwronge naturalisme gebruik te maak.
EINDELOSE HORISONNE
Jentsch, geskok deur sosio-politiese veranderinge, professioneel in ’n blik gedruk, en in die nasleep van die Nazi’s se berugte Degenerate Art Exhibition in München (Julie tot November 1937), het hy sy land vir die destydse Suidwes-Afrika verlaat en laat in Februarie 1938 hier aangekom.
Die kunstenaar is geïnspireer deur sy nuwe omgewing – die lugspieëlings, die eindelose horisonne, die helder lig en die uitgestrekte woestyn – en sy benadering tot landskapskilderkuns het meer mistieke en ekspressiewe eienskappe aangeneem.
Groot olieverfskilderye met dramatiese vergesigte (“Extensive Landscape, SWA”) – waarvan min die toets van die tyd deurstaan het – is kalligrafies van aard en geïnspireer deur Chinese landskapskilderkuns, en maak gebruik van skakerings van oker, goud, grys en indigo.
“Die veiling interpreteer die talle stilistiese en konseptuele veranderings wat die afgelope eeu in Suid-Afrika se kunssfeer plaasgevind het,” verduidelik Alastair Meredith, senior kunsspesialis by Strauss & Co.
“Baie van die werke in die Impression/ Expression-veiling, of dit nou skilderye is, beeldhouwerk, post-oorlog of eietyds, kan gemaklik by ’n impressionistiese of ekspressionistiese kategorie inpas.
“Die impressionistiese skilderye byvoorbeeld, vang die vlietendheid van die spel van lig vas en skep ’n atmosferiese sensasie.
“In kontras word ekspressionistiese werke geken aan instink, subjektiewe intimiteit en ’n visuele anargie.”
Werke van swaargewigte op die kunsmark soos Pierneef en Irma Stern, sowel as ’n keur van top- Suid- Afrikaanse erfeniswyne, sal onder die 90 items onder die hamer wees en sal na verwagting teen ’n gesamentlike bedrag van N$14 miljoen opgeveil word.
’n E-katalogus met kort essays en gedetailleerde notas is op Strauss & Co se webwerf ([email protected]) beskikbaar.
Die veiling begin om 18:00.
– Verwerk van Netwerk24
FOTO’s
'Extensive Landscape, SWA'. Foto's Verskaf
'Moritzburg'

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie