Jentsch-werk kan oor u2019n miljoen haal
Jentsch-werk kan oor u2019n miljoen haal

Jentsch-werk kan oor ’n miljoen haal

Lloyd Zandberg
Terwyl die verwagtinge hoog loop vir Strauss en Co. se veiling van kuns, oudhede en juweliersware Maandag by The Vineyard Hotel in Nuweland, Kaapstad, maak die afslaer hom reeds gereed vir ’n soortgelyke veiling op 13 November by The Wanderers Club in Johannesburg.

Dié akwarel deur Adolph Jentsch sal na verwagting meer as R1 miljoen behaal.

Een van die hoog aangeslaande kunstenaars wie se werk op daardie veiling sal wees, is Adolph Jentsch (1888-1977). Sy waterverfskildery van ’n natuurtoneel met doringbome by die bron van die Swakoprivier in Namibië word op R1,2 miljoen gewaardeer.

In November 2012 het Strauss & Co twee Jentsch-skilderye van Namibiese woestynlandskappe vir R1 002 600 opgeveil. Namib-natuurlandskappe is kenmerkend van Jentsch se werk, wat baie gesog onder versamelaars is.

Jentsch, ’n boorling van Dresden, het in 1936, voor die uitbreek van die oorlog, na die indertydse Suidwes-Afrika uitgewyk en by sy vrou se neef, Helmuth Dietterle, ingewoon. Daar het hy in 1945 die treurige nuus verneem van die vernietiging van Dresden, insluitend sy ateljee met al sy kunswerke uit sy jeugjare, asook sy kosbare versameling Oosterse oudhede.

In 1975, twee jaar voor sy dood op 87, het die skuur op die melkplaas Brack suid van Windhoek, waarin Jentsch sy kunsateljee ingerig het, afgebrand.

Die groot versameling kunswerke wat hy oor byna 40 jaar in Namibië geskep het, is deur die vlamme verteer.

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!