Jersey dalk nuwe kans vir Klim
Die Namibiër het in twee seisoene nog min speelkans by Ospreys gekry.
Andrew Poolman - Ondersteuners van die Ospreys is klaarblyklik min gepla deur dié Walliese Pro14-klub se besluit om die Namibiese vleuel Lesley Klim op ’n leengrondslag vry te stel.
Nadat Klim aan die einde van 2018 by die Ospreys aangesluit het, het die klub eergister aangekondig dat die 25-jarige speler tot aan die einde van die huidige seisoen aan die Jersey Reds geleen word. “Hy kan in enige stadium teruggeroep word ingeval ons hom weer nodig kry.”
Die boorling van Keetmanshoop het gesukkel om sy merk te maak by die Ospreys, waar hy aangesluit het ondanks ’n beenbesering wat hy in 2018 as deel van Namibië se kwalifiserende Wêreldbeker-veldtog opgedoen het. Die knaende besering het grootliks bygedra dat hy sedertdien nog net sewe wedstryde vir die klub gespeel het (drie keer in die beginspan) en twee drieë gedruk het.
Kommentators op Ospreys se Facebook-blad het die aankondiging begroet met opmerkings soos dat hulle verbaas is dat hy steeds op die klub se boeke is, omdat hy oor twee seisoene so deur beserings gepla is en so min speelkans gekry het.
“Vaarwel aan die mees nuttelose speler wat ons ooit gekontrakteer het,” skryf Steven Hankins.
“Hy was beseer vandat hy van die vliegtuig afgeklim het,” voer Ieuan-Rhys Beal aan.
“Dis malligheid dat hulle ’n speler soos dié ingebring het terwyl daar in ons streek beter vleuels deur die skole- en klubstelsel kom wat ’n kans verdien,” is Gareth James se siening.
“Is dit enigsins die moeite werd om hom aan te hou?” wil Tristan Davies weet.
Ben Cole was meer neutraal: “Die man het beswaarlik ’n kans gekry. Ek reken hy kon meer speeltyd gekry het, maar ek stem saam, dit maak nie sin om buitelandse spelers in te bring as ons hulle nie gaan gebruik nie.”
Klim het verlede jaar genoegsaam herstel het om vir Namibië se Wêreldbeker-span na Japan gekies te word en het skaflik in sy twee verskynings (teen die Springbokke en die All Blacks) gevaar.
Hy sal hoop om ’n beter indruk te maak indien hy by die Jersey reds aansluit, waar die Namibiese losvoorspeler Janco Venter reeds die afgelope seisoen goeie indruk maak.
Jersey Reds ding in die Engelse kampioenskap (die tweede vlak van beroepsrugby in die land) mee, wat ook die Doncaster Knights insluit wat die eerste was om Klim se vertonings vir Namibië raak te sien en sy handtekening te verkry. Met drie drieë in sewe wedstryde het hy ’n gelukkiger tyd beleef by Doncaster – die klub vir wie nog ’n Namibiër, die flank Wian Conradie, tans speel.
VIRUS KEER O.20-TOER
Rugby Afrika het bekendgemaak dat die kontinentale onder 20-toernooi wat volgende maand in Nairobi sou plaasvind, vanweë die bedreiging van die coronavirus uitgestel word.
Namibië het verlede week vir Jood Opperman as sy nuwe o.20-afrigter aangestel met die taak om die junior span na die Jean-Luc Barthes o.20-toernooi te lei.
“Die (Keniaanse) regering het met onmiddellike effek alle vergaderings, konferensies en byeenkoms van ’n internasionale aard in Kenia verbied. Rugby Afrika se mediese komitee het ook aanbevelings gedoen om besondere versigtigheid aan die dag te lê.
“Op grond hiervan en met die veiligheid van alle spelers, beamptes, vrywilligers en toeskouers in gedagte, is die Barthes-toernooi tot verdere kennisgewing uitgestel.
“Ons sal voortdurend die verspreiding van die coronavirus monitor en in oorleg met die Kenia Rugby-unie en ander deelnemende unies besluit op ’n nuwe datum wanner dit veilig is en toegelaat word,” lui Rugby Afrika se verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie