Jerusalema se Master KG vanaand op die Ekspo-verhoog
Die Suid-Afrikaanse sanger wat in ’n wêreldwye senasie ontpop het met sy trefferliedjie “Jerusalema” is vanaand (5 November) op die verhoog by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE)! Master KG se oorwurm is al meer as 100 miljoen keer op YouTube gekyk, en sy Namibiese aanhangers kan hom slegs vanaand op die verhoog sien, waar hy “Jerusalema” en van sy ander treffers gaan uitvoer.
“Ek gaan saam met julle dans. Dit gaan dol wees; ek kan nie wag om julle te sien nie!” sê Master KG. Hy tree om 21:00 vanaand op.
Daar is slegs 150 kaartjies vir elke aand beskikbaar. Maak seker jy daag voor 20:00 op, want die hekke sluit daarna. Kaartjies is aanlyn by eticket.my.na beskikbaar, of kan by die ingang gekoop word. Kaartjies word afsonderlik in pakkette van ses verkoop en elke groep van ses het hul eie bespreekte ruimte van 3 x 3 meter om almal se veiligheid te verseker. Elke kaartjie skep ruimte vir ses mense.
Kaartjies is ook individueel beskikbaar.
FOTO: Lady Nay (Naledi Kunene), die aanbieder van Namibia Media Holdings se nuwe oggendontbytprogram Africa Good Morning saam met die Suid-Afrikaanse musikant Master KG. FOTO TANJA BAUSE

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie