Jesus het altyd die mens gekies
PIERRE GRIGOR VAN SWAKOPMUND SKRYF:
Dis vir my geweldig gemoedsverswarend (die Hollanders het 'n beter woord. . .) as ek die inkonsekwentheid van "goedgelowiges" aanskou soos wat ek etlike dae gelede in Republikein raakgelees het ("Vrae oor die egtheid van Namibiese Christenskap", 13 Julie 2018).
Die omie mik op teologiese kweekskole, dosente en predikante, wat skynbaar beswaarlik die bron van spiritualiteit sou wees. Want hulle vat nie die Bybel op sy woord nie, sê hy. Hy gooi die gay-debat in as voorbeeld, omdat hulle nie kan aanvaar dat die Bybel dit as verkeerd beskou nie.
En so dink ek sommer aan daai hofsaak in Mattheus 26 waar die skrywer sê dat daar valse getuienis teen Jesus ingebring is. Maar op die keper beskou, was daar geen valsheid in die getuienis nie. Hulle het getuig dat Jesus sou sê dat hy die tempel in drie dae sou oprig as dit afgebreek word. En dit het hy wel gesê. Die valsheid egter, volgens Mattheus, is dat hulle Jesus letterlik gelees het.
Die Bybel is 'n esoteriese geskrif. Jy moet hom dieper lees as die letter.
Om sonde af te water tot rook, dans en vloek en bloot met 'n reg en verkeerd mentaliteit te werk, is 'n misverstaan van dit waaroor die evangelie gaan. As Jesus moes kies tussen die wet en mense se waardigheid, het hy altyd laasgenoemde gekies.
Toe die vrou wat in owerspel betrap is voor Jesus gebring word, kies hy haar lewe bo die letter van die wet. Die wet is die mens se dienskneg en nie sy meester nie.
Toe die wet die kerk se meester raak, het hulle 'n kruis opgerig en spykers in 'n baie besonderse man se liggaam ingeslaan. En vandag?
Vandag staan die kruise gereed op die kerkpleine en die bloed loop oor die godskinders se liggame. . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie