Jetty Myl behoort aan Betts en Smalley

Die byeenkoms se jong legende Phillip Seidler laat rus nog die skouer wat hy so dramaties tydens verlede jaar se wegspring beseer het.
Andrew Poolman
Adam Hartman



Die 19-jarige Max Betts het sy kans aangegryp om as die nuwe kampioen van die Pupkewitz Jetty Myl bekroon te word, in die afwesigheid van die formidabele Phillip Seidler.

Betts, wat tevore as 'n lid van Namibiese junior swemspanne gekies was, het die 15de weergawe van die gesogte oopwaterswemresies op Swakopmund gewen deur die mylafstand (1.6 km) in 22 minute 19 sekondes af te lê.

Hoewel Betts reeds verskeie kere tevore deelgeneem het, is hy ná sy eerste oorwinning heel beskeie ondanks 'n ooglopende sterk vertoning.

“Vanjaar het ons darem 'n realistiese kans gehad deurdat Phillip (Seidler) nie deelgeneem het nie,” het Betts by die eindstreep aan Erongo 24/7 gesê.

Seidler, die land se eerste Olimpiese oopwaterswemmer wat in 'n merkwaardige 16de posisie in Tokio 2020 geëindig het, het sy naam reeds sinoniem met die Pupkewitz Jetty Myl gemaak met agt opeenvolgende oorwinnings vandat hy in 2013 as 'n vyftienjarige seun van Swakopmund sy stempel op die byeenkoms begin afdruk het.

In Seidler se afwesigheid terwyl hy van 'n skouerbesering herstel (hy het by verlede jaar se Jetty Myl se wegspring teen 'n sandbank vasgeduik, maar nogtans die resies gewen), het Betts sy wedstrydplan uitstekend uitgevoer.

“My voorneme was om reg agter die voorloper te bly, wat in daardie stadium Nico Esslinger was, totdat ons die jetty bereik, en om van daar af die krane oop te draai.”

Ondanks sy versnelling het Esslinger ook bygehou en was dit tot naby die eindstreep by die Mole nog 'n baie gelykop stryd. Esslinger was uiteindelik net sewe sekondes agter hom (22:26).

Betts het verklaar dat hy in Desember 2022 terug sal wees en sy visier sal instel op Seidler (bekend as 'n meester in die hantering van die plaaslike seestrome) se indrukwekkende byeenkomsrekord van 18 minute 33 sekondes, wat in 2019 opgestel is.



VROUEWENNER

Die eerste vroulike swemmer oor die eindstreep, Molina Smalley (24 minute 48 sekondes) het die resies as “nogal rof” beskryf. Sy het met meer as twee minute onder 'n vorige wenner, Heleni Stergiadis (derde in 27:12), uitgeswem. Tiana Esslinger was tweede in 25:35.

“Ek swem die Jetty Myl nou al agt jaar en dis die fiksste wat ek nóg was, so ek het gereken om dit my alles te gee. Ek het algeheel sesde klaargemaak (uit 134 mans en vroue wat die volle mylafstand voltooi het) en ek is baie tevrede met die uitslag, al is ek nou lekker moeg,” het Smalley gesê.

Smalley, wat van Windhoek afkomstig is, sê haar mikpunt is om vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys te kwalifiseer.

Die Jetty Myl se hooforganiseerder, Yvonne Brinkmann, sê dit was aangrypend om te midde van die hewige kompetisie ook die kameraderie tussen deelnemers te aanskou.

“Mense werk elke jaar hard om by hierdie byeenkoms te wys wat hulle kan doen en hulle sal natuurlik weer hard werk om volgende jaar terug te wees. Dis wat hierdie geleentheid so gewild maak,” het sy gesê.



Die algehele top-15 oor die eindstreep:

1 Max Betts 22:19

2 Nico Esslinger 22:26

3 Daniel Gossow 24:22

4 Arkell Wellmann 24:32

5 Brave Magongo 24:36

6 Molina Smalley 24:48

7 Carl-Hein Visser 25:32

8 Tiana Esslinger 25:35

9 Andrew (Danger) Rowles 26:11

10 Maja Brinkmann 26:31

11 Peter Brinkmann 26:38

12 Heleni Stergiadis 27:12

13 Sascha Rapp 27:16

14 Paddy Murphy 27:42

15 Robin Engelhard 27:45

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A