Jeug moet hierdie regering uitstem
FRITZ H DAUSAB, LPM KOMMISSARIS VIR POLITIEKE EN BUITELANDSE BETREKKINGE SKRYF:
Die president van Namibië, dr. Hage Geingob, het op 1 Augustus 2019 by die onlangse beleggingsforum in Windhoek aan internasionale beleggers gesê Namibië is nie korrup nie. Dat organisasies soos Transparency International verkeerd is.
Terwyl hy dit gesê het, het die pas veroordeelde Swapo-leier, me. Katrina Hanse-Himarwa, voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, drie plekke regs van hom gesit.
As gevolg van die gebrek aan deursigtigheid in die bestuur van die regering en die bestaan van korrupsie in die openbare sektor verloor burgers hul vertroue in die stelsel en onttrek hulle hul eie burgerlike verantwoordelikhede (Freedom House, 2019).
Wat is korrupsie? "Die misbruik van openbare hulpbronne om individue, hul gesinne of vriende oneerlik te bevoordeel en te verryk." (New Era, 2013)
Baie lande met opkomende ekonomieë ly onder ’n hoë vlak van korrupsie, wat hul algemene ontwikkeling vertraag. Die hele samelewing word beïnvloed as gevolg van die ondoeltreffende verdeling van hulpbronne en die teenwoordigheid van ’n skadu-ekonomie. Dit lei tot uiters swak onderwys en gesondheidsorg – wat nie deur politieke elite of rykes gebruik word nie.
Ek sien mnr. Nelius Becker, ondersoekhoof van die Anti-Korrupsie Kommissie (ACC), se bedanking as 'n reaksie op die instelling en howe se swak prestasie. Kyk na die klein boete wat Hanse-Himarwa ontvang het.
Hoekom word hoëprofiel individue nie in Namibië verantwoordbaar gehou niet? Burgers vra of dit is omdat die ACC en regbank nie onafhanklik is nie, maar aan Swapo verantwoordelik is.
Becker het in die sosiale media verwys na die saak van 'n polisiebeampte, mnr. Samuel Likando, wat vier jaar se gevangenisstraf vir die aanvaarding van N$500 se omkoopgeld tydens ’n verkeersoperasie ontvang het. Regter Christie Liebenberg was deel van die appèlhofuitspraak wat Likando se versoek vir ’n ligter vonnis van die hand gewys het.
In 2016 is mnr. Paulus Noa, direkteur van die ACC, aangehaal dat "klein" sake makliker is as ’n hoëprofielsake, wat bewyse benodig en dikwels moeilik is om te bewys (The Namibian).
Onwettige beleggings en die vermorsing van staatsgeld sonder dat iemand aanspreeklik gehou word, is sinoniem met Swapo-bestuur. President Geingob, Namibiërs is kwaad (The Namibian, 26 Julie 2019) as u vriende en kamerade nie aanspreeklik gehou word vir blatante korrupsiepraktyke nie en geen vervolging geskied nie, of opsetlike onbevoegdheid geduld word. Die SME Bank is sonder enige aanspreeklikheid geplunder met hul Zimbabwe kamstige bestuur. As ’n paar mense in weelde leef, ten koste van belastingbetalers, verwag dat spanning en wanhoop tot woede lei, meneer die president.
Korrupsie is lewendig en floreer onder die Swapo-regering. Daar was groot korrupsiesake wat deur die gedrukte media ontbloot is, en honderde werkgeleenthede wat deur gewone Namibiërs verloor is. Dink maar aan die SME Bank-sage, die Social Security-miljoene, die GIPF-skandaal en die City Savings and Investment Bank (CSIB) se verliese.
Al hierdie en veel meer korrupsie en nie-aanspreeklikheid word daagliks deur ons gewaardeerde, gulsige Swapo-elite gepleeg en weggesteek.
Volledige verslae is nog nie van een van die presidensië kommissies sedert 1990 bekendgemaak nie. Dit is ’n verkiesingsjaar, dr. Geingob. Toon respek vir die burgers wat u ’n enorme salaris en vir u duur lewensstyl betaal en stel die bevindings aan die Namibiese burgers bloot.
Namibiërs is eenvoudig moeg en teleurgesteld, president Geingob, maar nog meer: woedend omdat u aan die spits staan van 'n Swapo-elite wat nie genoeg kan kry nie.
Gee die nuwe generasie die kans om Swapo se gemors van nepotisme, onbevoegdheid, onnoselheid en die opsetlike korrupsie van die Swapo-poppekas reg te stel.
Die oplossings? Die Namibiese jeug moet opkom in groot getalle in die komende verkiesing stem.
Stem vir verandering, stem vir 'n alternatiewe party wat nie die bagasie van die huidige regering het nie.
Namibiese burgers moet in die strate die vrystelling van al die ondersoeke sedert 1990 se uitslae eis.
Swapo-kamerade en -vriende, hou op om die staatskas te plunder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie