Jeug toon slag by hul eie expo

"VIER ?n dekade van jeugentrepreneurskap". Dit is die tema van hierdie jaar se Jeugexpo wat sy tiende bestaansjaar vier. Sedert sy ontstaan in 1997 het die expo verskeie suksesvolle jong entrepreneurs opgelewer. Verskeie stalletjies met kreatiewe idees van jongmense was in die Zoopark te siene.

Die geleentheid het gewild geword weens die geleentheid wat dit aan die jeug plaaslik en internasionaal bied om met mekaar in kontak te kom en idees te wissel, asook iets nuuts by die volgende een te leer. Vanjaar was daar 216 uitstallers en kunstenaars by die expo Die expo moedig kreatiwiteit onder die jeug aan asook gemeenskapsbetrokkenheid en toewyding.
Dit bevorder ook die lewensomstandighede van baie jongmense deur werkskepping. Vanjaar was daar verskeie interessante stalletjies te siene wat klere, juwele en antieke kunsvoorwerpe ideaal vir ?n sitkamer insluit tot ?n nuwe vervaardiger. Namibiese kunstenaars soos Gazza en The Dogg se musiek was ook daar gehoor. Daar was beslis iets vir elkeen. Hier is van die stalletjies wat hierdie jaar by die expo is. Namdeb was die hoofborg.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer