Jeugdag: 'Ju00falle is nie die verlore generasie'
Jeugdag: 'Ju00falle is nie die verlore generasie'

Jeugdag: 'Júlle is nie die verlore generasie'

Ramaphosa sê hy sien ook uit na die dag wanneer meer jong mense hul plek in die parlement, die kabinet en provinsiale uitvoerende rade inneem.
Sarel van der Walt



Daar is baie uitdagings, maar die vlam van hoop wat met die studente-opstande van 1976 gebrand het, brand steeds.

Dié vlam moet net groter en groter oop­gedraai word, het pres. Cyril Ramaphosa Sondag op die amptelike Jeugdagvieringe in Polokwane in Limpopo gesê.

“Moenie hoop verloor nie en moenie dat die son sak vir jul drome nie,” het die ­president op die byeenkoms op die Peter Mokaba-­stadion gesê.

“Dit is ongelukkig so dat sosiale ­probleme julle terughou, maar julle oë moet op die toekoms gefokus bly.

“Die meeste van julle was te jonk om die regstreekse gevolge van apartheid aan die lyf te voel, maar julle ervaar steeds die gevolge daarvan,” het Ramaphosa gesê.

Adj.pres. David Mabuza was saam met hom op die verhoog.

“Die jong mense was nog altyd aan die voorpunt van ons demokratiese revolusie,” het die president gesê.

“Ons is nog nie heeltemal bevry nie solank as wat miljoene van ons mense in armoede leef, werkloos is en daar ongelykheid in ons gemeenskap is,” het hy gesê.

“Die jeug van vandag is allesbehalwe die verlore generasie.

“Ondanks al die uitdagings is daar voorbeelde van jeugdiges wat vandag 'n groot sukses van hul lewe maak,” het ­Ramaphosa gesê.

“Hulle gryp die lewe met albei hande aan. Daar is van die jong mense wat op 'n klein en groot skaal 'n verskil maak.

“Daar is byvoorbeeld ­Gabriella Mogale wat boumateriaal vir plakkershutte ontwerp het wat brandbestand is.

“Dan is daar Portia Mavhungu wat 'n meganisme ­ontwikkel het wat mense met gestremdheid help om die toilet met menswaardigheid te gebruik.

“Daar is iemand soos Tinashe Chipako, 'n jong ingenieurstudent wat op die kampus van die Universiteit van Kaapstad 'n kunsmis­projek ontwikkel het wat water spaar.

“Thato Kgatlhanye se maatskappy het skoolsakke gemaak van herwinde ­plastiek en wat met sonkrag werk. Dit kan dus as lig gebruik word om by te lees,” het ­Ramaphosa gesê.

Hy het verskeie ander ­voorbeelde genoem.

“Daar is jeugdiges in Kaapstad wat vliegtuie bou, daar is jeugdiges in Gauteng wat watersuiweringstelsels ontwerp en daar is ander wat smiddae stroombane en prototipes bou in ­koderingsklubs in townships van Langa tot Ivory Park,” sê Ramaphosa.

Hy het gesê die Youth Employment Service-program het die laaste paar maande 18 000 werksgeleenthede geskep en infrastruktuur-ondersteuning deur gemeenskapsentrums verskaf.



WERKSKEPPINGSBERAAD

Die president het gesê op die werkskeppingsberaad wat verlede jaar in Midrand gehou is, is besluit om wetenskap, tegnologie, die kunste en wiskunde op skoolvlak te prioritiseer.

Kodifisering en dataontleding sal met die oog op die vierde industriële revolusie ­skoolvakke word.

“Ons kort egter nie net sagteware-­ingenieurs nie. Ons het ook 'n tekort aan motorwerktuigkundiges, elektrisiëns, loodgieters, water­kultuurspesialiste en akwakultuur-landbouers.”

Die regering sal alles in sy vermoë doen om die jeug te help om verder te studeer om hulself verder te bekwaam.

Hy sien ook uit na die dag wanneer meer jong mense hul plek in die parlement, die kabinet en provinsiale uitvoerende rade inneem, het Ramaphosa gesê.

Onder die groot uitdagings tel MIV/vigs en die toename in alkohol- dwelmmisbruik.

Dwelmgebruikers word al hoe jonger en dwelms speel 'n al groter rol in onder meer geweld, misdaad en selfdood. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!