Jeugdige Zach en Mandi maak hul merk
Die jongste span in die geskiedenis van die roemryke tydren is eers gister ingelig dat hulle inderdaad hul klas gewen het.
Tielman van Lill - Asof die 2019 Total Tara-tydren nie genoeg intriges in die drie dae van die byeenkoms opgelewer het nie, het Richard Slamet, voorsitter van die Windhoek-motorklub, gisteroggend nog 'n paar verrassings aangekondig.
Slamet het gewis die 20-jarige Zach Martin en sy navigator Mandi Hugo (18) se dag opgevrolik toe hy laat weet het dat die jeugdige duo inderdaad amptelik die S3-klas gewen het.
Martin het in “Groen Mamba”, sy J&P Hydraulics 4x4 VW Polo S2000, die skofte tussen Swakopmund en Windhoek in 2 ure 19 minute 58 sekondes gewen.
Ingesluit by die aankondiging is Dirk Redmann en navigator Flippie Liebenberg (OR B-klas), Jacques Kruger en Roché Louw (OR D) wat hul afdelings onderskeidelik in 3:43:42 en 2:43:02 ingepalm het.
“Ingevolge NMSF se regulasie 01/2019 SSR 30.1a het ek die voorreg om aan te kondig dat Dirk Redmann/Flippie Liebenberg, Jacques Kruger/Roché Louw asook Zachary Martin/Mandi Hugo hul onderskeie klasse gewen het.
“Ons sal binnekort jul wentrofeë by julle laat aflewer. Ongelukkig kan die drie spanne ingevolge die reëls nie op die drie voorste algehele posisies aanspraak maak nie, maar net in hul klasse,” het Slamet aan Republikein bevestig.
Martin, seun van die 2019-kampioen Allan, moes Donderdagnamiddag ná supersneldeel 2 (SS2) vanweë 'n gebreekte dryfas onttrek. Genadiglik kon sy diensspan na Groen Mamba se knieserigheid omsien en Team J&P Hydraulics Racing kon weer Vrydagoggend volgens supertydrenreëls vir die res van die Tara inskryf.
Zach sê die Tara was 'n onvergeetlike geleentheid wat vir verskeie eerstes in sy tydrenloopbaan gesorg het.
“Waar begin ek? Dit was my eerste Tara en sal daarom vir lank baie spesiaal bly. Daar was soveel eerstes op die lys vir my en Mandi. My pa Allan wat my altyd 100 persent vertrou, het my verras deur sy 4x4 VW Polo S2000 vir my te gee om die Tara mee te jaag.
“Hy het my die nuus net 'n dag voor die tydren gegee en ek het nie die tyd of geleentheid gehad om met die Polo te oefen nie! Ek het al 'n paar korter tydrenne met my S1-klas 4x2 VW Golf gery, maar ek moet erken die 2019 Total Tara was nie 'n maklike taak om suksesvol te voltooi nie.
“Ek het stadig maar seker die Polo se geite en nukke oor die laaste twee dae ontdek. My doel was om seker te maak dat ek die tydren klaarmaak en ek het dus besluit om dit ietwat kalmer aan te pak. Vrydag en Saterdag het ek die bul by die horings gepak en bestendig gejaag en kon darem die vrugte daarvan pluk.
“Ek en Mandi is die jongste span in die geskiedenis wat met 'n 4x4 Super 2000 die Tara gery het. Hiermee saam was ek en my pa Allan mede-kompeteerders en Mandi se ma, Maretha Olivier, was die navigator vir my pa wat boonop die Tara vir die eerste keer in tien probeerslae gewen het!
“Ek wil graag my pa Allan bedank. Hy gee my al die wonderlike geleenthede. Pa, sonder jou sou dit nie moontlik gewees het nie. Ek waardeer elke ding wat jy vir my doen. I love you with all my heart!
“Mandi, baie dankie dat jy my stap vir stap deur die sneldele gelei het. Jy is nie net 'n fantastiese navigator nie, maar ook 'n wonderlike vriendin. Jy het wonderbaarlik daarin geslaag om my kalm te hou, selfs wanneer die pompende adrenalien dit vir my bykans onmoontlik gemaak het.
“Dankie aan die diensspan vir jul knap werk wat die Polo herstel en deurgaans in topvorm gehou het. Baie dankie vir die mense en vriende wat ons ondersteun het. Jul vriendelike woorde en bemoediging beteken werklik baie.
“Volgende jaar hou nuwe uitdagings vir my in en ek gaan die 2020-tydrenseisoen voluit stormloop!” het Zach aan Republikein vertel.
Meer as die helfte van die inskrywings vir die Tara-tydren kon om verskeie redes nie die volle afstand voltooi nie. In die spreektaal was hulle slagoffers van “die kat” waarna die veeleisende Tara vernoem is.
Die nege sedan-voertuie wat nie kon klaarmaak nie:
S1-klas: 1 Gino Meyer/Riaan Hennop (SS5, enjin), 2 JD Kessler/Wayne Mcloud (SS1, enjin), 3 Welmie Kühn/René van Wyk (SS1, sydryfas).
S2-klas: 1 Hanré Myburgh/Geon Ellis (SS6, gerol teen 140 km/h), 2 Tinus Malan/Isak Coetzee (SS1, enjin).
S4-klas: 1 Oswaldo Mendes/Kes Naidoo (SS8, onderstel), 2 Wilro Dippenaar/Riaan van der Westhuizen (SS4, ratkas), 3 Richard Slamet/Cecil Koorts (SS1, turbo), 4 Ruaan Viviers/Willem Hugo (SS1, enjin).
Die “Off-road” (OR)-klasse se slagoffers:
OR A-klas: 1 Johan van Staden /Mike Lawrenson (SS19, laerkontrole-arm).
OR C-klas: 1 Wido Bartch/Raymond Fourie (SS8, enjin).
OR E-klas: 1 Rolf en Kai Pretorius (SS1, onderstel), 2 Niekie en NG Swart (SS1, ratkas).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie