Jeugsentrum maak u2019n verskil
Jeugsentrum maak u2019n verskil

Jeugsentrum maak ’n verskil

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die Katutura-jeugondernemingsentrum (Kayec) het onlangs ’n “gradeplegtigheid” vir sowat 239 studente gehou.

Sowat 174 mans en 65 vroue het die vrugte van hul harde werk gepluk.

Die verrigtinge het in die hoofstad plaasgevind.

Tydens die byeenkoms het die direkteur van Kayec, mnr. Nelson Prada, gesê hulle bied ’n verskeidenheid kursusse van ses maande aan. Soms bied werkgewers studente die geleentheid vir indiensopleiding terwyl hulle nog studeer.

“Sodra hulle die kursusse voltooi het, is hulle meestal van werk verseker," het Prada gesê.

Hy het voorts gesê Kayec wil aan minderbevoorregtes en diegene wat nie op skool presteer nie die geleentheid gee om ’n toekoms vir hulself te skep.

Die inskrywingsfooi is ’n redelike N$1 600 vir die ses maande. Dit kan binne twee termyne afbetaal word, het Prada gesê.

Hy het gesê die publiek moet afsien van die opvatting dat beroepsopleiding net vir mans is, dit is ook vir vroue.

’n Student, me. Mara Isaacs, wat opgelei is om ’n vurkhyser te bestuur, het gesê sy het besluit sy wil opgelei word in werk wat tradisioneel deur mans gedoen word, en het daarom geleer hoe om ’n vurkhyser te bestuur.

“Ek het ’n man in die buurt gesien wat ’n vurkhyser bestuur het. Ek het onmiddellik besluit ek sal opleiding daarvoor moet kry.

“Ek het by Kayec aangeklop en hulle het my hierin ondersteun,“ het Isaacs gesê.

Mnr. Ebson Eiseb, wat ’n loodgieterkursus voltooi het, het by dié geleentheid die sentrum bedank vir die opleiding wat hy ontvang het.

“Die opleiding wat ons gekry het, sal ’n verskil maak,” het Eiseb gesê.

By dieselfde geleentheid het die Turkse Internasionale Samewerking- en Koördineringsagentskap (Tika) naaldwerkitems ter waarde van N$120 00 aan gehoorgestremde studente geskenk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!