Jeugtoernooi is terug met 'n knal
Skorpion Zinc bestee vanjaar N$1.4 miljoen op die gewilde reeks.
Tielman van Lill - Nadat die Skorpion Zinc o.17-sokkertoernooi nie verlede jaar aangebied was nie, is Vedanta Zinc International met mening terug om seuns in dié ouderdomsgroep se drome te bewaarheid.
Me. Deshnee Naidoo, uitvoerende hoof van Vedanta Zinc International, het gister by Sokkerhuis in Katutura bekendgemaak dat dié toernooi vanjaar met N$1.4 miljoen geborg gaan word. Volgende jaar sal dan ook besluit kan word of die kontrak hernu word.
Twee seuns wat vanjaar die oog tydens die kampioenskap vang, kan 'n beurs ontvang om in Indië te gaan studeer terwyl hulle sokkerafrigting ontvang. In die geheel is dit 'n toernooi waar spelers gereeld die kans aangryp om te wys dat hulle vir beter dinge bestem is.
Al veertien streke in die land sal vanaf 9 September sake in Windhoek in drie groepe uitspook. Groep A en B sal uit vyf spanne elk bestaan, terwyl groep C net vier verteenwoordigers het.
Nadat die groepfase afgehandel is, sal die drie groepwenners en die beste naaswenner uit enige van die drie groepe, in twee halfeindstryde in aksie wees om die finaliste te bepaal.
Die 2015-kampioenspan, die Omusati-streek, sal vanjaar strawwe teenstand beleef, want streke soos Hardap en //Karas het die afgelope jaar ongekende ontwikkeling in junior sokker getoon, terwyl Khomas verlore aansien sal wil herwin en altyd 'n sterk aanspraakmaker is.
Skorpion Zinc is nie net daar om metale uit die maag van moeder aarde te grawe en verwerk nie, sê Naidoo.
“Ons by Skorpion Zinc het 'n maatskaplike verpligting teenoor ons mense. Dit sluit opvoeding, behuising, volhoubare werkgeleenthede, opleiding, sport en ander programme in.
“Hoewel ons as gevolg van ekonomiese omstandighede nie verlede jaar hierdie vooraanstaande kompetisie kon aanbied nie, is ons terug om opnuut as leiers op die gebied voort te gaan.
Daar was gereeld berigte in die media dat Skorpion Zinc die land gaan verlaat, maar ek wil julle verseker dit is nie die geval nie. Ons is hier om te bly,” het Naidoo onder groot applous gesê.
Die groepe is soos volg ingedeel:
A: Omusati, Omaheke, Otjozondjupa, Kunene, //Karas.
B: Kavango-Oos, Erongo, Ohangwena, Oshikoto, Khomas.
C: Kavango-Wes, Oshana, Hardap, Zambezi.
Volgens Naidoo is niks daaroor nog amptelik op papier nie, maar Namibiese vrouesokker kan ook in die nabye toekoms deur die maatskappy geborg word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie