Jeugverhaalwenners bekend gemaak
Namibiese talent oorheers
Namibiese en Walliese skrywers wat aan die 2020 Fiction for Children-kompetisie deelgeneem het, is vir hulle “uitsonderlike talent” geloof.
Die kompetisie onder die vaandel van die Phoenix-projek, is van stapel gestuur as ’n spanpoging tussen die Universiteit van Namibië (Unam) en Cardiff University in Wallis en het in Februarie vanjaar amptelik afgeskop.
Op die sperdatum, wat einde April was, is 27 inskrywings ontvang. Namibië het 24 inskrywings ingestuur. Die verhale is op kinders tussen 7 en 15 jaar oud gemik.
Prof. Jairos Kangira, die hoof van die fakulteit geesteswetenskappe en sosiale wetenskappe by Unam en self ’n jeugverhaalskrywer, mnr. Tim Davies, skrywer van verskeie gepubliseerde kortverhale en toneelstukke en verbonde aan Cardiff University, en prof. Judith Hall, die leier van die Phoenix-projek by Cardiff University, is die meesterbreine agter dié kompetisie.
“Die verhale het aan lesers die geleentheid gegee om meer oor die Namibiese en Walliese kulture en verhoudings te leer,” het Kangira gesê.
Davies het gesê die Namibiese verhale “bied nuwe perspektief en uitbundigheid. Dit breek weg van die gewone konvensionele manier van skryf, wat nie gereeld in verhale gesien word nie. Dit was ’n strawwe kompetisie!”
Dr. John Barnie, ’n hoofbeoordelaar en welbekende skrywer en digter, het gesê die kompetisie was “van ’n hoë standaard.” Hy hoop egter om meer Walliese inskrywings in die toekoms te sien.
Die wenners sal in Julie uitgenooi word om ’n prysuitdeling via Zoom by te woon. Die prysgeld is N$4 330.
“Ek is bly oor die sukses van die kompetisie. Daar was soveel wonderlike inskrywings en dit was moeilik om te beoordeel. Die standaard was uiteraard só hoog dat ons vier wenners in plaas van drie gekies het,” het Hall gesê.
“Die Phoenix-projek steun kompetisies soos dié vanweë die interaksie tussen kulture en die leersaamheid daarvan, self tydens die inperking.”
Die wenners is:
Hope and the Fairy Ring deur Nabeelah Suleman (Namibië)
The Power in the Making deur Karen Pierce (Wallis)
When a Whale needs a Hand (or two) deur Mel Kelly (Namibië)
Little Kauka saves the Elephants deur Mundia Mercy Mubuyaeta (Namibië)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie