Jeugweek 'n leersame geleentheid

Watter beter manier om die skoolvakansie te vier, as om krieketwedstryde in die buitelug te geniet.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - 'n Gewilde hoogtepunt vir onder 15- en o.17-krieketspelers breek vandag aan wanneer hul jaarlikse toernooi geborg deur Africa Personnel Services (APS) by die krieketvelde van Wanderers, Affiespark en CCD begin.

Ses spanne is volgens eweredige krag saamgestel om 16 wedstryde oor die volgende vyf dae te speel.

Die opwinding het reeds gisteraand begin posvat, met die amptelike verwelkomingseremonie by die Wanderers-saal waar die spelers hul klerasie ontvang en saam met hul aangewese afrigters voorgestel is. Spesiale moeite word altyd gedoen om dié seremonie gedenkwaardig vir die spelers te maak.

Verskillende formate word vir die wedstryde gebruik, om die spelers se vernuf en vaardighede op nuwe maniere te toets en te verbeter.

Voor die begin van elke wedstryd word 'n uur bestee om mentorskap en opbouende waardes aan die ontluikende jong spelers oor te dra.

Die president van Krieket Namibië, dr. Rudie van Vuuren, sê in sy bood­skap: “Krieket is die tweede grootste sport ter wêreld vandag. Die sport toon konstante groei – selfs terwyl sommige mense steeds reken dit verg te veel tyd, of dat die reëls te ingewikkeld is.

“Dit is met goeie rede dat krieket oor soveel jare wêreldwye groei toon. Dit kan toegeskryf word aan die waardes waarop die sport gebaseer is en wat ons ook in die alledaagse lewe wil ervaar – soos dissipline, respek, regverdigheid, spanwerk en passie.

“Krieket het my hierdie waardes geleer en vandag probeer ek dit in Krieket Namibië terugploeg.

“Ek wil APS en in besonder mnr. Robert de Villiers en sy vrou Annemarie vir hul volgehoue ondersteuning aan krieket in Namibië bedank.

“Daar is deesdae soveel mense wat krities en negatief is, maar baie min mense wat moue oprol en 'n positiewe verskil maak, presies soos wat APS doen.

“Hierdie soort voorbeeld dwing respek af. Respek moet verdien word – op en van die sportveld. My uitdaging aan julle is om respek aan jul medespelers, die afrigters, skeidsregters en die opposisie te betoon; dit sal na jou terugkeer.”



Die spanne:

Meteor Lions: Roeben Burger, Scott Winborn, Renier Bosman, Hansie de Villiers, Ramon Wilmot (kaptein), Henry van Wyk, Pieter Laubscher, Allastair Gurirab, Geo Haasbroek, Heinrich Geldenhuys, Dian Jacobs, Petrus Engelbrecht, André van Niekerk. Afrigter: Gerhard Lotter.

Volcanic Rhinos: Abrie Fourie, Armand Schietekat, Krynauw Weber, Vivaldo Calangelo, Divan la Cock (kaptein), Alexander Volschenk, Ramsay McDonald, Lu-Hendro de Waal, Jack Brassell, PD Blignaut, Iwann van Staden, Pieter Kotze, Jack Fourie. Afrigter: Malan Kruger.

Hurricane Wolves: Stefan Bezuidenhout, Jan-Ivan van Dyk, Deon de Klerk, Jan Hendrik Potgieter, JC Balt (kaptein), Ben Burger, Albert Engelbrecht, Ryan Moffett, Xavier Schreuder, Daneel van der Walt, Rehan Bezuidenhout, Dewald la Grange, Zander Smith. Afrigter: Justus Hangula.

Striking Eagles: Janes van Zyl, Thehard Lintvelt, Raine Raath, Kristihan Brits, Wilmar Fourie (kaptein), Dylan Leicher, Gerhard Janse van Rensburg, Joshua Bester, Wicus van Wyk, Graham Cilliers, Coenraad van Zyl, Edelle van Zyl, Andre Siepker. Afrigter: Garfield Mbeya.

Vicious Falcons: Mario van Wyk, Quincy Beukes, Alexander Maritz, Marco Malan (kaptein), Connor Murphy, SW Kuhn, Dirk Theunissen, Zacheo van Vuuren, Christiaan Venter, Christo Bronkhorst, Pieter Grobbelaar, Dandré du Plessis. Afrigter: Lo-han Louwrens.

Thunderous Cheetahs: Xavier van Wyk, G.P. Greeff, Jaden Cloete, William Lottering, Ettienne Beukes (kaptein), Jack Parker, Benno von Wielligh, J.W. Visagie, Gavin Briers, Michael Feely, Regan Elliott, Markus Haihambo, Chris Fourie. Afrigter: Maryke Short.

• Vandag se drie wedstryde se formaat is tydkrieket. Donderdag en Vrydag word eendagkrieket (50 boulbeurte per span) gespeel, gevolg deur T20-wedstryde Saterdag en Sondagoggend.



VOETSPORE

Die briljante kolfwerk van Nicol Loftie-Eaton was die uitstaande kenmerk van verlede jaar se APS-toernooi vir o.15's en o.17's.

Loftie-Eaton het die toernooi met 'n verstommende 1084 lopies in ses kolfbeurte en 'n gemiddeld van 271 afgesluit. Sy kolftellings op die vyf speeldae was 183, 'n driehonderdtal (315), 170, 138, 169 en 109.

Ander kolwers wat hul stempel afgedruk het, was onder andere Dian Neethling (321 lopies), Divan la Cock (441), André Siepker (228), Dylan Leicher (160), JC Balt (189), Jan-Izak de Villiers (210) en Matthew de Gouveia (202).

Die mees indrukwekkende bouler was Renier Bosman, wat die week met 18 paaltjies afgesluit het. Hy het net 2.68 per boulbeurt afgestaan en was een van die min wat Loftie-Eaton se paaltjie kon inpalm.

• Die APS krieketweek vir onder 19's duur van 21 tot 25 Augustus.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!