'Jive' saam met Jo
Die talentvolle Jo Nichol is slaggereed vir sy taak as seremoniemeester by die Hentiesfees.
Jo Nichol (38) is 'n man van vele talente.
Hy tree nie net as musikant en seremoniemeester by vanjaar se Hentiesfees op nie, maar sorg ook vir die verhoog en klank.
Nichol is die eienaar van Atlantic Audio Namibia, 'n maatskappy wat by groot geleenthede klanktoerusting en -dienste verskaf.
Hy is geen vreemdeling by die Hentiesfees nie en tree sedert 2007 daar op.
Sy musiekloopbaan het in 2000 in Suid-Afrika begin waar hy by verskeie feeste opgetree en mettertyd sy eie optredes begin reël het.
Ná twee jaar (2004 tot 2006) in Namibië, keer hy terug na Suid-Afrika aangesien daar baie meer musiekgeleenthede vir hom was.
Suid-Afrika kon hom egter nie vir te lank vashou nie; in 2014 bevind hy hom weer op Namibiese bodem.
Nichol en sy vrou, Lizane, is die trotse ouers van vier seuns - Luandré (7), die tweeling Kyle en Liam (4), en Milan (1).
Vir Nichol is die beste deel van optredes die skare. “As jy vir hulle 'n goeie vertoning gee, bou hulle gees en daardie gees beur jou as musikant op. Die Hentiesfees is anders is enige ander fees. Die atmosfeer van die dorp en sy mense plaas die geleentheid in 'n klas van sy eie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie