Jo Black kom toer in Namibië
Vyf optredes landswyd
Lloyd Zandberg - As jong laaitie wou hy eendag ‘n mediese dokter word, en soos menige ander was hy versot op sy rugbybal en kon vir ure homself daarmee vermaak.
Met streng ouers en ‘n sin vir humor wat hom gereeld in die sop laat beland het, het niks ‘n beduidende aanduiding gegee dat hy eendag een van die bekendste name in die musiekbedryf sou wees nie.
Dis veilig om te sê dit het anders vir hom uitgewerk. Intussen tel hy iewers ‘n kitaar op, en begin musiek maak. Die res is geskiedenis.
Vandag spog Jo Black met meer as agt miljoen YouTube-kykers, sewe Ghoema-toekennings, honderde vertonings en ‘n naam wat geen bekendstelling nodig het nie.
Die goeie nuus is dat Jo binnekort op pad na Namibië is waar hy op onder meer Keetmanshoop, Stampriet, Tsumeb, Swakopmund en in Windhoek gaan optree. Dié toer het ten doel om sy nuwe nuwe album, Voel jy die Genade, en liedjies van sy debuutalbum op te voer.
Sy debuutalbum, Skepe, het die bedryf met mening getref en is met ‘n rekordgetal kykNET Ghoema-toekennings bekroon, wat onder meer insluit: Beste Nuweling, Beste Album van die Jaar en Beste Digitale Verkope van die Jaar.
Dié album het driedubbele platinumstatus behaal en word as die beste verkoper in die bedryf oor die afgelope twee jaar beskou.
Die OPTOG!-stigting is verantwoordelik vir Jo se toer na Namibië en die opwinding vir sy beplande besoek is tasbaar.
“Ek sien baie uit; ek kan nie wag nie. Ons was laas jaar vinnig in en uit Namibië gewees, en hierdie keer gaan ek die land ordentlik verken. Die mense is vriendelik en onthaal ons altyd baie lekker. Ons het ons nuwe show waarna almal kan uitsien met liedjies van die eerste en die nuwe album,” het Jo onlangs tydens ‘n onderhoud aan Republikein gesê.
Hoewel 2019 vir hom nog net goed behandel het, is daar wel ‘n paar uitdagings wat hy in die gesig moes staar.
“Tyd is een van die dinge in die lewe wat nie te koop is nie, en staan ook nie stil nie. Om tyd te maak vir dinge wat regtig belangrik in die lewe is, soos my familie, het ek baie aandag aan begin gee.”
Vir dit wat oor is van 2019, het Jo groot planne.
“Daar is 'n paar interessante projekte, veral die Sun Arena-show in Pretoria op 26 Oktober waar Roan Ash saam my op die verhoog gaan wees met stories en 'n paar liedjies wat die publkiek nog nie gehoor het nie.”
Toerdatums
30 Julie – Keetmanshoop, Keetmanshoop Privaatskool, 081 242 2624
31 Julie – Stampriet, Elnatan Privaatskool, 081 277 4762
1 Augustus – Tsumeb, Teaterhuis, 081 148 8133
2 Augustus – Swakopmund, Namib High School, 081 166 8886
3 Augustus – Windhoek, Windhoek Hoërskool, 081 288 2886
Kompetisie
Kollig gee dubbelkaartjies vir elk van Jo se vertonings weg.
Stuur die antwoord van die volgende vraag voor Maandag 29 Julie om 17:00 saam met jou naam, van, e-posadres, selnommer en watter optrede jy verkies, na [email protected]: Wie gaan in Oktober vanjaar saam met Jo Black by die Sun Arena optree?
Kaartjies sal elektronies aan wenners gestuur word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie