Job eis SSC-bydraes terug
Die aktivis sê hy is nie van plan om groot, twyfelagtige beleggings te finansier nie.
Catherine Sasman - Die uitgesproke Regstellende Herposisioneringsaktivis, mnr. Job Amupanda, eis sy maandelikse bydraes van die Maatskaplike Voorsorgfonds (SSC) terug “tot verderde kennisgewing”.
In 'n brief aan die hoof uitvoerende beampte van die SSC, me. Milka Mungunda, sê Amupanda hy konsulteer tans met sy regspan om te bepaal hoe hy te werk kan gaan om sy verpligte bydraes aan die SSC te staak.
Amupanda se brief kom ná onlangse mediaverslae oor beweerde twyfelagtige grondaankope waarin die SSC daarvan beskuldig word dat twee erwe teen buitensporige hoë pryse by 'n werknemer van die ministerie van werke en vervoer, mnr. Ambrosius Tierspoor, gekoop is.
Dit verwys ook na die N$150 miljoen wat die SSC by SME Bank belê het, wat tans onder die kuratorskap van die Bank of Namibia is ná 'n betwisbare belegging van N$200 miljoen in 'n Suid-Afrikaanse bank, asook die meer as N$11 miljoen wat einde verlede jaar deur pres. Hage Geingob goedgekeur is om in 'n rekening van SME Bank oorbetaal te word vir die opleiding van die sogenaamde “kinders van die vryheidstryd” en ander doeleindes.
Amupanda sê die SSC is soos “'n bosluis wat aan 'n lewende organisme klou en dit droog suig”.
Hy het ook sy misnoeë uitgespreek oor die lae uitbetalings wat die SSC na bewering in maatskaplike voordele maak.
!Gawaxab stel sy kant
Die voorsitter van die SSC se raad, mnr. Johannes !Gawaxab, het in 'n breedvoerige advertensie in verskeie koerante gesê die kommissie het sedert Januarie 2016 “noemenswaardig verbeterde” kraamvoordele (wat van N$10 000 tot N$13 000 gestyg het) en doodsvoordele (wat van N$5 515 tot N$8 475 gestyg het) uitbetaal, terwyl siekverlofvoordele met 24% verhoog is tot 'n maksimum van N$9 750 vir die eerste 12 maande.
'n Aanbeveling vir die verlenging van kraamverlof van 12 tot 14 weke word ook oorweeg.
Oor die hoë prys wat betaal is vir die twee Windhoek-eiendomme, het !Gawaxab gesê die bewerings is onwaar en “opsetlik verkeerd”, en bygevoeg dat die totale uitgawes vir die beplande eiendom met 50% verminder is.
Hy het gesê die SSC het aanvanklik vir sy hoofkantoor 'n erf vir N$47 miljoen in Onafhanklikheidsrylaan in Windhoek gekoop.
Die koop en uitgrawings het die SSC N$85 miljoen gekos. Die totale beraamde kostes vir dié projek sou tussen N$800 miljoen en N$1 miljard wees, wat !Gawaxab gesê het bykans 'n derde van die SSC se totale bates is.
Aangesien dit te duur was, het die SSC die projek gestaak en besluit om die eiendom te verkoop.
!Gawaxab het bygevoeg dat die SSC sedertdien aanbiedings vir die betrokke erf ontvang het wat veel meer is as wat reeds daarop spandeer is.
Die kommissie het toe besluit om die eiendomme in Hosea Kutakorylaan by Tierspoor te koop teen 'n gemiddelde prys van N$11 000 per vierkante meter en hulle beplan om hul nuwe hoofkantoor daar op te rig teen 'n koste van sowat N$420 miljoen.
Die SSC beplan om drie erwe op Okahandja vir kantore en 'n inkopiesentrum te koop teen 'n beraamde koste van sowat N$14 miljoen in plaas van N$48 miljoen wat aanvanklik hiervoor beoog is.
Op Keetmanshoop was die aanvanklike plan om die fonds se kantoor daar teen 'n bedrag van sowat N$50 miljoen op te knap, wat tot N$13 miljoen minder is, het !Gawaxab gesê.
Wat die N$150 miljoen-belegging in SME Bank betref het !Gawaxab gesê die SSC se beleggingskomitee het dié belegging goedgekeur en dat Mungunda, 'n raadslid van die bank, haarself aan die besluit onttrek het.
!Gawaxab het gesê 75% van die SSC se geld word deur eksterne bestuurders beheer - die oorblywende 25% word intern bestuur en gebruik vir die uitbetaling van voordele en vir die doeleindes van bedryfskapitaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie