Job se geduld op
Die poppe gaan dans as Windhoek se behuisingnood nie binne ses maande verander nie, waarsku aktiviste.
Denver Kisting – Hoewel die stryd om vryheid en onafhanklikheid om grond gewentel het, is die afgelope 29 jaar ’n bewys vryheidsvegters het die Struggle verraai.
Die grootste hoeveelheid Namibiërs smag nog desperaat na grond waarop hulle ’n plek kan oprig om hul tuiste te noem.
Só lui die sewe bladsye lange lys van eise van die Regstellende Herposisionering (AR) aan die Windhoekse stadsraad (CoW).
Die AR het gister daarop aangedring dat CoW en veral die stadspolisie onmiddellik die sloop van arm mense se huise staak.
As die behuisingskrisis in Windhoek nie binne ses maande opgelos word nie, sal die AR sy “eie vrae begin beantwoord, sy eie kwessies begin oplos – hoe hy wil, wanneer hy wil en waar hy wil”, sê die beweging.
“Ons is moeg. Ons kan dit nie meer hanteer nie. Ons is uitgelok. En nou reg om te baklei.”
Meer as 70% van Namibië se beboubare grond word deur witmense besit en bestuur. Dié mense verteenwoordig minder as 5% van die land se bevolking, sê die AR.
Luidens die klagskrif word die ekonomie ook deur die minderheid beheer danksy staatskaping aan die hand van die swart leiers en regering – wat sy mense glo met opset opgeoffer het.
Dit is geen geheim nie – grondhervorming en behuising in Namibië is die grootste beleidsmislukking op die Afrika-vasteland in die algemeen en in Suider-Afrika spesifiek, voer die AR aan.
Honderde lede van dié beweging het gisteroggend uit Katutura tot in die middestad betoog.
Die regering se eie statistiek dui aan 900 000 Namibiërs – meer as 40% van die bevolking – woon onder gehawende en onmenslike omstandighede, sê die aktiviste.
Weens die jammerlike behuisingsmislukking is die meerderheid Namibiërs gedwing om verblyf te huur wat hulle aan die uitbuiting van verhuurders en gierige kapitaliste uitlewer, sê die AR.
Die hoofstad, lui die klagskrif, is nie werd om so genoem te word nie.
“Dit is die oorsaak van ons mense se pyn en lyding.”
Ondanks die ellende vee CoW hom glo aan die nood af.
“Die stad is tans in die intensiewesorgeenheid en benodig ’n dringende operasie om sy siel te red.”
Die plaaslike owerheid sukkel om sy interne politiek uit te pluis en het sedertdien “die president van die Republiek van Namibië, Hage G. Geingob, as buitengewone uitvoerende burgemeester van die Windhoek se stadsraad gewerf,” lui die klagskrif.
Dit verwys oënskynlik na ’n bevel wat pres. Geingob vroeër gegee het dat CoW sy gemors moet uitsorteer deur klagtes teen die uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, en mnr. Abraham Kanime, die hoof van die stadspolisie, op te hef.
Geingob het ook gevra dat Kanime, wat ’n jaar gelede met betaling geskors is, heraangestel word.
Daar het tot dusver dadels van dié opdrag gekom.
Nadat hulle hul skriftelike eise aan Kahimise oorhandig het, het hulle Nasionale Vergadering (NV) toe beweeg.
Hier het hulle ’n konsepwet aan die speaker, prof. Peter Katjavivi, oorhandig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie