Joernaliste hier bankvas teen intimidasie in Ysland
Ondersoekende joernaliste in Ysland word na bewering onder meer aan smeerveldtogte onderwerp.
Die veiligheid van joernaliste en mediawerkers was een van die sleutelpunte op die agenda tydens die viering van Wêreldpersvryheidsdag wat op 3 Mei in Windhoek aangebied is.
Ná dié vieringsverrigtinge het die vakbond Namibia Media Professionals Union (Nampu) 'n verklaring uitgereik waarin kommer uitgespreek word oor voorvalle in Ysland, wat glo snel besig is om 'n onveilige werksomgewing vir joernaliste te word.
Nampu het glo van betroubare bronne verneem dat, vandat die Fishrot-omkoopskandaal oor viskwotas in Namibië in November 2019 oopgevlek is, joernaliste in Ysland wat nuusdekking aan dié sage gee aan 'n volgehoue veldtog van afknouery en teistering onderwerp word.
Samherji, die Yslandse maatskappy aan die kern van die skandaal, het glo verskillende taktieke gebruik om verslaggewers te intimideer, insluitend die verspreiding van fopnuus, aanvallende smeervideo's en selfs gevalle van direkte teistering in 'n poging om aantygings oor die maatskappy se beweerde korrupte bedrywighede in Namibië stil te maak.
“Nampu veroordeel Samherji se optrede in hierdie verband en doen 'n beroep op die maatskappy om onmiddellik die teistering van joernaliste wat die Fishrot-sage dek, stop te sit.”
In die verklaring onderteken deur Nampu se sekretaris-generaal, mnr. Sakeus Iikela, voeg die vakbond by dat hoewel die maatskappy die reg het om op die aantygings te reageer, hy nie openbare ondersoek na sy rol in die skandaal mag probeer onderdruk nie.
“Ons staan in solidariteit met ons kollegas in Ysland. Hierbenewens doen ons 'n beroep op die werkgewers van joernaliste en die owerhede wat mediavryheid in Ysland bewerkstellig om hul bes te doen om te verseker dat verslaggewers in openbare belang kan aanhou werk om korrupsie aan die kaak te stel.
“Joernaliste moet ook die reg hê om hulself teen Samherji se aanvalle op hul eie sosialemediarekeninge te verdedig.”
Laastens word joernaliste oor die wêreld heen, veral in Europa, aangemoedig om hul steun aan hul Yslandse kollegas te bied en nie intimidasie van kommersiële entiteite te duld nie.
AGTERGROND
Helgi Seljan en Adalsteinn Kjartansson, joernaliste wat vir Ysland se nasionale uitsaaier RUV werk, het einde 2019 vir die dokumentêre reeks Kveikur oor die Fishrot-skandaal berig.
Seljan is glo herhaaldelik geteister deur 'n private ondersoeker wat blykbaar vir Samherji werk.
Terwyl Seljan die primêre fokus van Samherji se veldtog was, is 11 ander RUV-joernaliste ook geteiken.
Samherji het glo ook smeerveldtogte op YouTube geloods wat op fopnuus gebaseer was.
Nadat Kveikur se verslaggewers en ander joernaliste by RUV hulle tot sosiale media gewend het om hulself te verdedig, het die maatskappy 'n klag teen 11 van hulle aanhangig gemaak. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle 'n interne reël van die RUV oortree het, wat bepaal dat joernaliste nie hul mening oor omstrede onderwerpe in die sosiale media mag uitspreek nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie