Joernaliste ontstel dat president vergadering kanselleer
Staatshuis se woordvoerder Hengari pak die skuld op ’n gebrek aan belangstelling.
Die kantoor van die president het ’n vergadering met joernaliste, geskeduleer vir Woensdag 7 Oktober, deur ’n aankondiging die vorige aand op die agtuurnuus van die nasionale uitsaaier NBC gekanselleer.
Volgens president Hage Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het net tien uit 56 betrokke joernaliste hul deelname aan die vergadering bevestig en is dit weens ’n gebrek aan belangstelling afgestel.
Hengari het president Geingob se toewyding tot mediavryheid benadruk en het die voorbereide toespraak waarmee Geingob die joernaliste sou gegroet het ook in die aankondiging gedeel.
“Die president het belangrike verpligtinge in sy druk skedule verskuif om na griewe te luister en oplossings te vind vir kwessies wat geopper is. Vanweë die swak belangstelling in die vergadering, kan die presidentskap ongelukkig nie anders as om die vergadering te kanselleer nie,” het Hengari gesê.
Intussen het die groep joernaliste gister hul eie nuusvrystelling uitgereik waarin hulle Hengari se weergawe van gebeure betwis. Volgens die joernaliste was dit prakties onmoontlik vir die 56 wat ’n vorige klagskrif in verband met mediakommunikasie met die kantoor van die president onderteken het, om almal die vergadering by te woon. Hulle het dus ’n groep van tien afgevaardig om hul besware met die president te deel en dié benadering is met Staatshuis gekommunikeer.
Volgens die mediawerkers is dit jammer dat die geleentheid daarmee heen is om kwessies te bespreek wat hul verhouding met Staatshuisbronne beïnvloed.
“Dit moet rooi ligte laat afgaan wanneer die hoogste kantoor in die land onwaarhede gebruik,” skryf die joernaliste. “Dit is kommerwekkend dat dieselfde dr. Hengari teen wie ons griewe gerig het, die persoon is wat die bepalings van die vergadering reël en dikteer.
“Die waarheid is: Die kommer wat in ons vorige brief aan die president geopper is, duur tot vandag toe voort. Die ware punt van die vergadering was om vir eens en altyd enige kwessies af te handel en ’n pad vorentoe uit te merk, want hoe langer hierdie dooiepunt voortduur, hoe meer word die land se reg om ingelig te wees, benadeel,” volgens die groep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie