Joernalistiek se donkerste uur
Om te voorkom dat nuusmedia uitsterf, moet belanghebbendes oplossings vir die behoud van gehalte joernalistiek op ’n samehangende en gekoördineerde wyse implementeer, skryf Antonio Zappulla, uitvoerende hoof van die Thomson Reuters-stigting.
Antonio Zappulla
Dit is een volle jaar sedert die Covid-19-pandemie uitgebreek het en miljoene slagoffers geëis het; om nie te praat van die wyse waarop ons lewe vir ewig verander het nie.
Hoewel sommige van die onmiddellike gevolge van die pandemie duidelik blyk, het ander minder duidelik gebly – ondanks die erns van die gevolge daarvan. Die aftakeling van mediavryheid en die agteruitgang van onafhanklike joernalistiek oraloor die wêreld tel onder dié minder “sigbare” gevolge.
’n Bepalende paradoks van ons tyd is dat Covid-19 gelyktydig ’n akute behoefte aan akkurate inligting en ’n dors na betroubare nuus aangevuur het, terwyl die einste media-ekosisteem wat dit verskaf, afgetakel word.
Die 2021 Wêreldpersvryheidsindeks deur Joernaliste Sonder Grense (RSF) toon aan wat die gevolge was van pogings om die narratief oor die pandemie te beheer. Die vrye vloei van inligting is in 73% van die 180 lande wat geëvalueer is, geblokkeer deurdat joernaliste se veiligheid bedreig en hul verslaggewing gesensor is.
Hierdie ernstige agteruitgang van persvryheid vind plaas in die doodsnikke van die tradisionele sakemodelle vir media-instellings.
Die pandemie het nuusorganisasies genoop om aan te pas by bykomende veranderinge in die nuusverbruik, terwyl hulle deur ernstige ekonomiese gevolge wat deur tuimelende inkomste geskep is in die gesig gestaar word.
Onlangse beramings dui daarop dat nuusmedia vanjaar US$30 miljard sal verloor, terwyl dit in 2020 ’n geskatte US$63,4 miljard aan advertensie-inkomste verloor het. Hierdie inkrimping is ’n reuse-uitdagings vir die finansiële volhoubaarheid van die nuusmedia.
Benewens ekonomiese volhoubaarheid is hulle redaksionele onafhanklikheid ook in gevaar. Onafhanklike nuusmedia is nie net kwesbaar vir staatsbeheer deur outokratiese regimes nie, maar ook uitgelewer aan die genade van adverteerders of individue wat belang stel om hul produksie te beheer.
Nuusverbruik beweeg aanlyn
Intussen beweeg nuusverbruikers toenemend aanlyn. Sosiale mediaplatforms word deur gemiddeld 31% van die nuusverbruikers regoor die wêreld gebruik, terwyl 72% van respondente wat deur Reuters se Instituut vir Joernalistieke Studies oor digitale nuusverbruik ondervra is, nuus op ander maniere as ’n spesifieke nuuswebwerf of -program bekom. Die groei in digitale platforms het ook die toename in vals inligting en disinformasie – van fopnuus en samesweringsteorieë oor die ontplooiing van entstowwe, tot verkeerde inligting vir politieke gewin – aangevuur. Gevolglik is lesers se vertroue in nuus nou op ’n historiese laagtepunt.
Volgens die 2021 Edelman Trust-barometer glo 59% van die verbruikers in 28 lande dat joernaliste hulle doelbewus mislei.
Vry en onafhanklike media is in die ergste oorlewingstryd ooit gewikkel en sommige se fut is uit. Hoe kan ons almal saamwerk en ’n media-“uitsterwingsgebeurtenis” voorkom, soos die filantropiese organisasie, Luminate, die skrif aan die muur beskryf?
Ons roetekaart vir herstel moet gekoördineer word. Ons moet leer by diegene wat baanbrekers is oor hoe om die ekonomiese volhoubaarheid van die media-ekosisteem ná Covid te versterk, terwyl hulle geleenthede benut wat deur ontluikende tendense geskep word.
Die krisis het ongetwyfeld ’n toename in die vraag na betroubare, outentieke joernalistiek van hoë gehalte tot gevolg. Teen September verlede jaar het The New York Times ’n toename van 45,9% in die getal intekenare op digitale nuus gerapporteer. Dit is die eerste keer dat die aanlyn intekenare ’n groter inkomste lewer as koerantverkope.
La Nacion in Argentinië is nog ’n voorbeeld van sulke sukses. Die koerant het die afgelope jaar ’n toename van 35% in digitale intekenare gesien. Landwyd was daar aansienlike stygings in die betaling vir aanlyn nuus in beide die VSA en Noorweë, met kleiner stygings in byvoorbeeld die Verenigde Koninkryk.
Stadig maar seker styg die getal mense sê hulle sal in die toekoms bereid wees om te betaal vir gehalte joernalistiek, al is dit tans nog net 16%.
Wêreldwyd word gehalte joernalistiek dus toenemend gesien as iets wat die moeite werd is om voor te betaal, alhoewel dit nog beperk is tot sekere lande, sekere demografie en sekere media.
Steun deur regerings
Dan was daar ook ’n bemoedigende nuwe golf van regeringsondersteuning vir joernalistiek tydens hierdie krisis – van Kanada se finansiële noodverligting vir publikasies, tot die nuwe fonds vir die mediabedryf in Singapoer. Ook Noorweë het ’n hulppakket vir media ingestel om sommige van die verliese wat weens die pandemie gely is, te verhaal.
Die verskerpte bewussyn na die tanende nuusbedryf se uitdagings skep die behoefte vir openbare beleidsoplossings en ingryping deur regerings, sónder dat daar staatsbeheer plaasvind.
In sommige lande word pogings aangewend om staatsdiensmedia te verdedig. Die nuutgestigte Internasionale Fonds vir Media vir Openbare Belange, is ’n ambisieuse projek wat ten doel het om deur finansiële steun die media in lae- en middelinkomstelande te versterk deur middel van ’n onafhanklike, multilaterale instansie. Besluite oor watter media in aanmerking kom, sal op streeksvlak geneem word.
Die fonds is daarop gemik om teen 2022 altesaam US$100 miljoen beskikbaar te stel.
Wat ontwikkelde lande betref, het die Britse regering se besluit om nie voort te gaan met sy planne om die BBC vir die wanbetaling van lisensiegeld te vervolg nie, dié openbare uitsaaier oor vyf jaar na raming US$1 miljard gespaar.
Filantropiese steun vir joernalistiek het ook toegeneem, met noodfondse en toelaes wat tydens die Covid-krisis geskep is. So het die ingryping deur ’n konsortium van filantrope en impakbeleggers Australië se AAP-nuusagentskap van ondergang gered, en die Guardian in Brittanje kon danksy donasies deur lesers US$9 miljoen vir sy oorlewing ingesamel. Filantrope soos Pierre Omidyar, Craig Newman en George Soros is van die voorste name wat steeds noodsaaklike steun aan onafhanklike joernalistiek gekanaliseer het. Hierdie tendens neem ook toe met weldoeners wat toenemend die behoefte sien om onbevooroordeelde joernalistiek van hoë gehalte te beskerm tot voordeel van die burgerlike samelewing.
TEGNOLOGIEREUSE
Die doeltreffendste metodes om die toekoms van onafhanklike nuusmedia te verseker, lê moontlik in die transformasie van dié media self en hul verhouding met die tegnologiereuse, of sogenaamde Big Tech.
Om die dinamika tussen nuusmedia en die tegnologiereuse te verander, is nie maklik nie. Australië se nuwe wetgewing baan egter die weg vir ’n gesonder magsewewig in belang van die publiek. Volgens die Bedingingskode vir Nuusmedia betaal die tegnologiereuse Australiese mediamaatskappye ongeveer US$600 miljoen per jaar vir die inhoud wat hulle genereer, met ’n onafhanklike arbiter wat beslissings maak as hulle nie onderling oor betaling kan ooreenkom nie. Dit volg op die bekendstelling van die Facebook News-diens vroeër vanjaar in die Verenigde Koninkryk en verlede jaar in die VSA. Die diens is, volgens skaal, ook in Duitsland, Frankryk, Indië en Brasilië beskikbaar.
Intussen het Google US$1 miljard aan lisensiegeld beloof vir sy vennote in nuusuitgewersbedryf regoor die wêreld as deel van sy Google News Showcase-inisiatief. Om regulering te systap is heel moontlik die motiverende faktor. As dit suksesvol is en kleiner nuusmedia sowel as die wêreld se grotes in te sluit, kan dit ook verkeer na nuuswebwerwe en -toepassings kanaliseer en die mediabedryf transformeer.
Ten slotte het die Covid-krisis die wedloop vir innoverende wyses waarop sakemodelle herskik kan word, versnel. Daar is al meer nuusmedia wat geld vra vir inhoud, hetsy deur donasies, lidmaatskap, betaalmure of digitale intekening en inkomstebronne is gediversifiseeer deur byvoorbeeld aanlyn geleenthede te skep om geld te maak.
Hierdie beleggings is duur, maar die media-instansies wat op hibriede sakemodelle steun soos Rappler in die Filippyne, het ’n sterker kans op oorlewing.
Intussen is ondersteuning van organisasies wat hulle daartoe verbind om mediavryheid te bewaar en te beskerm van kritieke belang in lande waar onafhanklike joernalistiek die meeste bedreig word. Hier by die Thomson Reuters-stigting is die versterking van plaaslike en nasionale joernalistiek die wyse waarop ons vrye, regverdige en ingeligte samelewings help skep. Ons steun aan onafhanklike media om hul verspreidings- en finansiële modelle te verbeter, ’n beter gehalte joernalistiek te lewer en te verstan wie hul gehore is, is nou nodiger as ooit tevore.
Onafhanklike joernalistiek is ’n openbare bate en die beskerming daarvan behoort ’n gedeelde doelwit te wees. Die afgelope jaar het ons geleer dat ons dit net kan laat voortbestaan deur ’n kombinasie van samehangende en gekoördineerde oplossing.
Ons moet nóú optree, want ons demokrasie is op die spel as die toekoms van onafhanklike, pluralistiese en toeganklike joernalistiek bedreig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie