Johan Venter weg, maar sy storie leef voort
Die oudafrigter se passie vir rugby was nooit te betwyfel nie.
Andrew Poolman – Hy was een van die mees kleurvolle karakters van enige era en selfs hoewel hy nooit toegelaat is om tot sy volle reg te kom nie, sal Johan Venter se merk op Namibiese rugby nooit uitgewis kan word nie.
Covid-19 het die voormalige afrigter laat Dinsdagaand op 61-jarige leeftyd weggevat ná 'n moedige stryd van etlike dae. Hy was vir agt dae in die hospitaal, met die virussiekte wat sy longe en niere erg aangetas het.
“My pa het twee weke gelede eers by die huis siek geraak en ons het aanvanklik gesukkel om vir hom plek in enige van die staatshospitale te kry. Hy was diabeties en sy toestand het maar op en af gegaan, totdat hy op die laaste dag twee hartaanvalle gekry het. Ons naby familie kon darem op die laaste dag gaan afskeid neem, hoewel hy nie by sy bewussyn was nie,” vertel sy seun Dicka.
Johan Hendrikus Venter, 'n getoë Walvisbaaier en later Wanderers-haker, was nie net die eerste afrigter onder wie Namibië vir die Wêreldbeker gekwalifiseer het nie, maar ook die enigste wat dié taak twéé keer verrig het en beide kere afgedank is sonder om “sy” span Wêreldbeker toe te neem.
Venter se hardekwas ingesteldheid het ook van sy spanne kenmerkend geword. Sy oog vir talent, sy gewilligheid om die Namibiese platteland te verken om stutte soos Jood Opperman en Jannie Augustyn op Oranjemund te gaan haal, sy vermoë om 'n plan te prakseer wanneer hy eensklaps met nuwe kombinasies vorendag moes kom, asook sy mensekennis om met spelers te werk, het 'n barometer gestel waaraan sy opvolgers gemeet sou word.
Toe Venter in 1998 die eerste keer aangestel is, was die Namibiese Wêreldbeker-veldtog ietwat op die agtervoet, ná 'n toernederlaag vroeër die jaar teen Tunisië.
Met professionele rugby wêreldwyd nog in sy kinderskoene, het die land destyds veel minder sulke opsies in die buiteland gehad.Die uiteinde was dat die beslissende toernooi tussen vier spanne in Marokko uitsluitlik met die plaaslike mamateurspelers aangepak is.
Johan Zaayman, wat nou 'n suksesvolle skole-afrigter by Windhoek Affies is, sê: “Ek is dankbaar ek kon 'n tydjie saam met Johan speel en daarna was hy my afrigter by Wanderers en toe ook my nasionale afrigter.
“Johan het op 'n moeilike tydstip oorgeneem. Sy sarkastiese humor was iets waaroor ons almal altyd gelag het.
“Iemand sou byvoorbeeld op die laaste oefendag voor die 1998 Marokko-toer vra, hoe laat vlieg ons môre? Dan het Venter laat val: Sodra die vliegtuig opstyg.
“Dit was altyd in goeie gees en iets wat ek nooit van hom sal vergeet nie. Ons het later eers baie mooi gedink voor ons hom enigiets vra.
“Dit was lekker om onder hom te speel; hy het ons geken en ons vir hom. Hy sal nooit vergeet word nie.”
Dit was Venter wat toe die nood gedruk het, met die meesterskuif vorendag gekom het om Zaayman van skrumskakel te verskuif na losskakel, waar hy op aanval en verdediging 'n hand vol was en ook die 1999 Wêreldbekerspan verteenwoordig het.
“Ja, ons het 'n opwarmwedstryd in Windhoek gespeel; ek was 9 en Rudie van Vuuren op losskakel maak toe sy knieligamente seer. Ons moes 'n week later teen Boland speel en Venter vra my toe of ek nie wil 10 speel nie.
“Dit was enkele weke voor ons moes Marokko toe vlieg en hy wou nie in daai stadium iemand nuut inbring nie. Wel, ek het volgens hom goed gespeel en van daar af is ek toe 10 vir al die ander wedstryde tot ek seergekry het.
“Omdat hy ons vertrou en met baie van ons gewerk het, het Venter ons die vertroue gegee om te speel soos ons gevoel het.
“Vertroue is al wat mens in rugby nodig het; wedstrydplanne ensovoorts is maar net iets ekstra. Dit het veroorsaak dat ons gekwalifiseer het.
“Niemand vir wie hy ingesluit het, was groter as die oomblik nie. Ons het 'n doel gehad en ons almal het geglo ons sal dit maak en dis hoekom ons dit gemaak het.
“Ons was in daardie stadium dun ten opsigte van ervaring en dis een rede hoekom Johan vir my en Sarel (van Rensburg, van skrumskakel na senter) geskuif het. Ons span het darem toe al 'n hele provinsiale seisoen saam gespeel en hy het die spelers goed geken.
“Johan het ook besluit omdat niemand van SA vir ons wou kom speel het gedurende die kwalifiserende rondtes nie, dat hulle ook nie sal deel uitmaak van die WB '99 nie. Hiervoor het ons as spelers groot waardering gehad en ons almal het ook so gevoel. Hulle het nie geglo ons kan die paal haal nie en gaan vir seker nie ná ons harde werk net die vrugte kom pluk nie.
“Ek is nog steeds baie trots op wat ons as amateurspelers daardie jaar bereik het. Nie een van die later kwalifiserende jare is gespeel in 'n toernooi soos ons onder haglike omstandighede in 'n ander land moes kwalifiseer nie. Deesdae is dit tuis en weg, wat Namibië altyd die voordeel sal gee.”
Ondanks sy aanwysing as die Sportkommissie se Namibiese afrigter van die jaar 1998, is Venter drie dae ná Kersfees afgedank.
Die lys klagte teen hom het ingesluit dat hy spanning tussen die spelers en die unie veroorsaak en die spelers se kant kies; onredelike finansiële verwagtinge by die spelers skep; media-uitlatings buite sy jurisdiksie gemaak het en geweier het om sy gesagsposisie ondergeskik aan die spanbestuurder te aanvaar.
In sy plek is Rudy Joubert, vir wie Venter self as tegniese adviseur betrek het, aangestel om die span na die Wêreldbeker in Frankryk te neem.
DIE TWEEDE TERMYN
In 2006 het die NRU weer hoed in die hand vir Venter omgepraat om hul rampspoedige kwalifiserende veldtog te red.
Die Unie onder presidentskap van mnr. Dirk Conradie het einde 2004 vir afrigter Danie Vermeulen en sy ganse spelersgroep in die pad gesteek nadat hulle die Afrikabeker-finaal teen Marokko met wit armbande gespeel het uit protes teen die NRU se administratiewe tekortkominge.
In 2005 het 'n erg verswakte Namibië gevolglik met 0-49 teen Marokko in Casablanca verloor.
Opnuut het Venter, dié keer met Kees Lensing en Corné Powell as sy spanleiers, ondanks bloedneuse in wegwedstryde teen Kenia en Tunisië dit reggekry om die land se plek na Frankryk 2007 bespreek te kry.
En sowaar het die NRU hierna weer vasgetrap en van hom ontslae geraak en vir Hakkies Husselman (hulpafrigter) bevorder om die span in samewerking met John Williams na die groot geleentheid te neem.
Op klubvlak was Venter trots daarop dat hy met Wanderers geeneen van die drie finale verloor het waarin hy betrokke was nie. Die derby-oorwinning met 68-12 teen United was ook een van sy groot dae.
GELOOF GEKWEEK
Herman Lintvelt, flank in die Wêreldbekers 1999, 2003 en 2007, sê hy was half verbaas toe Venter in 1998 ondanks sy bekende Wanderers-geskiedenis aan Lintvelt sy toetsdebuut as United-speler toegeken het.
“Ons was 'n groepie wat saam begin speel het, van wie verskeie later met provinsiale kontrakte in Suid-Afrika en elders gespeel het.
“Venter was deur en deur 'n rugbyman, of jy van hom gehou het of nie.
“Ek was een van verskeie buiteperde vir wie hy gekies het en in wie hy geloof gewys en selfvertroue gekweek het – ten spyte van kritiek dat ons te jonk of nie fisiek die grootste was nie.”
Corné Powell, 'n destydse kaptein, sê Venter se passie vir Namibiese rugby was nooit te betwyfel nie en het vergoed vir enige tegniese tekortkominge in sy mondering.
“Johan het gereeld laat blyk hy het glad nie daarna uitgesien om in 2006 weer twee keer na Noord-Afrika te moes terugkeer nie,” onthou hy.
STERFTES SPAAR RUGBY NIE
In die afgelope dae is nog 'n lid van die 1999 Wêreldbeker-span aan Covid-19 oorlede. Frans Fish (51) was 'n haker van Oranjemund en Reho Falcon, wat daardie jaar twee toetse van die reserwebank af gespeel het.
• Patrick van Wyk, 'n rugby-afrigter wat van grondvlak af hard gewerk het om sy kwalifikasies te verbeter en wat onder meer vir Swans en vrouerugby afgerig het, is ook die afgelope dae by die groeiende lys verliese gevoeg.
• Mnr. Ryno Davids, 'n rugbyskeidsregter van Grootfontein, se doodstyding is ook gister ontvang.
JOHAN VENTER AS AFRIGTER VAN NAMIBIë
Nege toetse, sewe gewen, twee verloor.
Eras as nasionale afrigter: September 1998; Mei 2006–November 2006.
Afrika-toetse gewen: Zimbabwe, Ivoorkus, Marokko (3x), Kenia, Tunisië.
Afrika-toetse verloor: Tunisië in Tunis, Kenia in Nairobi.
Internasionale toetse: Geen.
Namibië Sporttoekennings 1998: Afrigter van die Jaar.
FOTO’s
Johan Venter, sy vrou Gerda, seun Dicka en skoondogter Wilri Venter. Foto Facebook
Wyle Frans Fisch op die oefenveld. Hy is vandeesweek aan Covid-19 oorlede. Foto Andrew Poolman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie