Johan verwesenlik nu00f3g u2019n droom
Johan verwesenlik nu00f3g u2019n droom

Johan verwesenlik nóg ’n droom

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Vir Johan Coetzee van Keetmanshoop is g’n droom te groot nie, en as die een verwesenlik is, droom hy reeds oor die volgende.

Die 24-jarige Johan is met Williams-sindroom gebore - iets wat wêreldwyd een uit 10 000 mense raak.

Hy woon saam met sy ma, Magda, en sy pa, Dries, op Keetmanshoop en kon die onlangse amptelike inhuldiging van die dorp se splinternuwe brandweerstasie meemaak.

Magda vertel Johan het ongeveer twee jaar gelede met mnr. George Joseph, wat nou die tuig as brandweerhoof neergelê het, bevriend geraak.

“Soos met elke nuwe uitreik, maak Johan onmiddellik nuwe vriende wat hy met hom saamneem waarheen sy lewenspad hom ook al lei,” sê Magda.

Verlede jaar het hy die nuwe brandweerhoof, mnr. Jessie Meier, ontmoet wat hom genooi het om die amptelike opening van die nuwe brandweerstasie by te woon.

By die opening het die dorp se brandweer ’n demonstrasie gelewer van hoe beseerdes uit ’n motorwrak gesny word, en hoe pasiënte vervolgens gestabiliseer word en per ambulans na die hospitaal vervoer word.

“Dit was vir Johan, wat die ou stasie die afgelope twee jaar gereeld besoek het, ’n hoogtepunt.”

Ná die opening het hy die dorp se swembad saam met die brandweerspan met behulp van die plaaslike tenkwa gaan leegpomp.

“Ons kind is vandag so gelukkig. Hy kan nie ophou vertel van die ongelooflike ervaring om deel te kon wees van die inhuldiging nie. Johan het reeds verskeie amptenare van die plaaslike munisipaliteit ontmoet en kon die oggend met soveel bekendes gesels.”

*Williams-sindroom is ’n genetiese toestand wat deur die spontane uitvee van ’n paar dosyn gene op die sewende chromosoom veroorsaak word.

Mense met dié sindroom het dikwels ernstige kardiovaskulêre probleme, ontwikkelingsvertragings en vind dit moeilik om onafhanklik te leef.

Terselfdertyd het hulle dikwels ekstroverte persoonlikhede, geweldige meegevoel met die wêreld om hulle en ’n groot liefde en natuurlike gawe vir musiek en tale.

Vir navrae, skakel 081 470 7362 of (063) 225-926, of stuur ’n e-pos aan [email protected] of [email protected].

Besoek ook gerus www.williams-syndrome.co.za, “williams-syndrome” op Facebook, of die Facebook-groep “Hearts & Hope Williams Syndrome Support Group South Africa”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!