Johann Rupert het vanjaar 24% ryker geword
Die 500 rykste mense beheer nagenoeg US$5 300 miljard, vergeleke met US$4 400 miljard op 27 Desember 2016.
Hanlie Stadler - Die wêreld se superrykes het in 2017 nóg US$1 000 miljard ryker geword.
Johann Rupert, nr. 198 op die ranglys en Suid-Afrika se rykste mens volgens Bloomberg se miljardêrsindeks, het tot dusver vanjaar 24% ryker geword en sy fortuin beloop nou US$7,98 miljard.
Rupert het vanjaar US$1,55 miljard ryker geword, hoofsaaklik danksy die 27%-styging in die luuksegoederevervaardiger Richemont se aandeelprys vanjaar. Rupert is Richemont se voorsitter.
Nicky Oppenheimer, volgens Bloomberg die tweede rykste Suid-Afrikaner, het ’n fortuin van US$7,1 miljard. Dis US$645 miljoen meer as aan die einde van 2016.
Die 23%-styging in die welvaart van die wêreld se 500 rykste mense op Bloomberg se miljardêrsindeks kom danksy skerp stygings in aandeelpryse in 2017 en verskeie aandeelbeurse wat rekordhoogtepunte bereik het.
Die 23%-styging is meer as vier keer as in 2016.
Jeff Bezos, die stigter van Amazon, was die grootste wenner. In 2017 het hy US$34,2 miljard ryker geword. Hy het Bill Gates, die stigter van Microsoft, in Oktober as die wêreld se rykste mens verbygesteek.
Gates het die posisie sedert Mei 2012 beklee, maar het heelwat van sy geld aan die Bill & Melinda Gates Foundation gegee. Hy is steeds US$91,3 miljard werd, wat beteken hy het vanjaar US$8,89 miljard ryker geword.
Bezos het einde November deur die US$100 miljard-kerf gebreek, maar teen Dinsdag was sy fortuin US$99,6 miljard werd. Die indeks word daagliks bygewerk.
Warren Buffett bly die derde rykste mens ter wêreld met ’n fortuin van US$85 miljard, US$11,8 miljard meer as einde 2016.
Volgens Bloomberg is die rykste vrou ter wêreld Alice Walton, een van die Walmart-erfgename. Haar fortuin van US$45,5 miljard is US$12,3 miljard meer as einde 2016. Sy is nr. 16 op die ranglys.
Francoise Bettencourt Meyers, wat 33% van die kosmetiekreus L’Oreal besit, is op nr. 18 die tweede rykste vrou ter wêreld. Haar fortuin van US$44,3 miljard is US$8,16 miljard meer as ’n jaar gelede.
Die 500 rykste mense beheer nagenoeg $5 300 miljard, vergeleke met $4 400 miljard op 27 Desember 2016.
Die lys is gegrond op die eiendom en aandele wat die rykes in hul eie naam of in dié van familietrusts besit. Dit verskil van Forbes en die Sunday Times se lys gegrond op hoe die verskillende uitgewers dit bereken. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie