Joharetha bemoedig met ‘Bloudruk’
Adolf Kaure op Swakopmund – Die sangeres Joharetha Nel – viermalig benoem vir die NBC/MTC Namibiese Musiektoekennings (NAMA’s) en in musiekkringe bloot bekend as Joharetha – het haar nuutste enkelsnit “Bloudruk” onlangs uitgereik.
Volgens die sangeres wat bekend is vir haar bemoedigende boodskappe in haar Afrikaanse gospelliedjies, gaan “Bloudruk” oor selfaanvaarding.
“Dit gaan oor die geskenk wat jy jouself kan gee deur jouself en jou identiteit, jou gebreke en alles wat jou uniek maak, te aanvaar,” het sy gesê.
Joharetha is tydens verlede jaar se musiektoekennings in die gospel-, musiekvideo-, beste nuweling- en Afrikaanse kategorie benoem.
“My lirieke vir hierdie liedjie deel ’n rits emosies en motiveer gelyktydig die wêreld deur te sê daar is net een van jou; jy ís goed genoeg ten spyte van foute of enigiets wat jy as mens deurgemaak het.
“Dis ’n baie persoonlike liedjie, maar ek dink dit is op almal van toepassing,” het sy gesê.
Die liedjie is amptelik verlede Vrydag (10 Sept) op die radiostasie Kosmos bekend gestel. Die gepaardgaande musiekvideo het gelyktydig sy buiging gemaak en kan op haar YouTube-kanaal gesien word.
Dié “Atata”- en “40 Dae”-sangeres wat bewys het dat sy een van die hardwerkendste kunstenaars in die bedryf is, was ook op die verhoog by die onlangse MTC 081Every1 Hope-konsert te sien.
“Dit was vir my ’n groot eer om by die MTC 081Every1 Hope-konsert op te tree. Sedert die NAMA's het hulle [MTC] my laat tuis voel en my na wonderlike vertonings genooi. Ek is werklik geseënd en dit is waaroor dit gaan – harde werk, om dít wat ek doen te geniet en laastens, maar nie die minste nie, my Vader God te bedank dat ek hierdie talent met my land kan deel.”
Joharetha het die verhoog reeds met talle internasionale gospelsangers soos Bucy Radebe en Benjamin Dube gedeel.
“Bloudruk” is deur Gernot Fritze, Adam Brandon-Kerby en David de Beer vervaardig.
Fritze het ook die meng- en bemeesteringswerk by Nautilus Studios behartig, terwyl Joharetha die lirieke en toonsetting gedoen het.
Die liedjie het reeds speeltyd oor talle radiostasies oraloor die land geniet en is op verskeie aanlyn stromingsplatforms soos CD Bay, iTunes en TuneCore beskikbaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie