Joharetha Nel stel eerste Afrikaanse enkelsnit vry
Joharetha Nel stel eerste Afrikaanse enkelsnit vry

Joharetha Nel stel eerste Afrikaanse enkelsnit vry

Lloyd Zandberg
Joharetha beskryf haar eerste solo-enkelsnit, 40 DAE, as ’n eerlike moderne country-popverwerking, met ’n geestelike boodskap en dit pas perfek by haar unieke stem, wat spesiaal vir hierdie genre gemaak is. Dit is die eerste vrystelling vanaf haar opkomende album, waarmee sy oor ’n paar maande nog meer musiekharte gaan verower as wat sy reeds het in die tien jaar wat sy al op die verhoog is.

40 DAE gaan daaroor om nie tou op te gooi wanneer dinge binne ’n verhouding gekompliseerd raak nie en vir liefde te veg. Hierdie inspirerende treffer kom uit haar eie pen en die sangeres meen dat mense van alle ouderdomme hierby sal aanklank vind. “40 DAE is simbolies oor wat in die Bybel staan van die tydperk wat nodig is om regtig ’n verandering in jou lewe te maak,” verduidelik sy. “Dit beteken vir my baie, want ek glo elke woord wat ek sing. Ons is vanjaar ses jaar getroud en het al meer as sewe sakke sout saam opgeëet. Maar ons is lief vir mekaar en as dinge moeilik raak, sal ek ook die raad in my liedjie volg. Ek voel dat God die woorde vir hierdie enkelsnit vir my gegee het.”

Die musiekvideo is reeds aanlyn uitgereik en vul die bestaande storielyn in die lirieke aan met die emosie wat die kunstenaar weergee wanneer sy dit self sing. Gernot Fritze, Rainer Von Hatten en Zanele Mzinyati van Nautilus Studios was verantwoordelik vir die opname en vervaardiging van die snit en video. “Nadia van den Heever het ons gehelp beplan en om die perfekte plek te kry. Die video is by Villa Maji in Swakopmund verfilm. Dis prentjiemooi daar en ek wou die emosie van die liedjie vasvang teen hierdie skoon oop agtergrond,” verklap die musikant.

Joharetha glo dat jy hard moet werk vir wat jy wil hê in die lewe en dat jy nooit moet opgee op jou droom nie. Sy het nog baie planne vir die toekoms en hoop dat luisteraars hulleself sal vind in die stories van haar musiek. 40 DAE is maar net die begin van ’n lang, kleurvolle loopbaan wat op hierdie talentvolle kunstenaar wag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!