John Lennon se sonbril vir £137 000 verkoop
John Lennon, die bekende sanger van die groep Beatles, se sonbril is Vrydag vir £137 000 verkoop.
The Hollywood Reporter berig dat Lennon dié bril wat deur Oliver Goldsmith ontwerp is, in 1968 in sy mede-Beatle Ringo Starr, se motor vergeet het.
Alan Herring, wat hulle chauffeur was, het die bril gekry.
“Ek het John saam met Ringo en George (Harrison) in Ringo se Mercedes gaan haal en hulle kantoor toe geneem,” skryf Herrington.
“Toe John uit die motor klim, merk ek op dat hy sy sonbril op die agtersitplek gelaat het. Een lens en een arm het losgekom.
“Ek het John gevra of hy wil hê ek moet dit vir hom laat regmaak. Hy het vir my gesê om my nie te bekommer nie – hulle was net vir die voorkoms!
“Hy het gesê dat hy een sou kry wat pas.
“Ek het die bril nooit laat regmaak nie. Ek het dit net so gehou soos wat John hulle gelos het.”
Die bril is deur die afslaer Sotheby’s in Londen, VK, opgeveil. Die veiling kom kort na die 39ste herdenking van Lennon se dood.
Lennon is op 8 Desember 1980 voor sy huis in New York geskiet. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie