John Rock Prophet se nuwe liedjie vir die Nuwejaar

Yandi Du Plessis
Die gewilde Namibiese folksanger met die rasperstem, John Rock Prophet, se nuwe liedjie “Sing vir my Saggies” is op 3 Desember op YouTube en Facebook bekend gestel.

Op dié snit span hy kragte saam met die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Gian Groen. Gian is veral bekend vir sy liedjie “Vier Seisoene Kind” wat al deur menigte bekende sangers opgeneem is.

“Dankie Gian Groen vir die oor en weer WhatsApps, die braai en kitaar speel en dat jy so keen was om saam te werk,” het die sanger op Facebook geskryf.

Ruan Greeff, alias John Rock Prophet, is ’n gebore Windhoeker en het sy eerste kitaar op laerskool verdien nadat sy pa vir hom belowe het om vir hom ’n kitaar te koop sodra hy sy eerste liedjie kan speel.

Op 12 het hy toe ’n vriend se kitaar geleen en die hele aand geoefen. Toe hy sy eie weergawe van “Suikerbos” vir sy pa speel, is hy en sy pa dadelik in hul rooi Ford Cortina musiekwinkel toe. Hy het begin skryf en het nog nie weer die pen neergesit nie.

Die sanger het ’n suksesvolle mini-toer deur Suid-Afrika agter die rug en tree môre (Saterdag) by Altstadt Restaurant Swakopmund op.

“Sing vir my Saggies” is op Spotify, Apple Music, Amazon, iTunes en Deezer beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!