Johnson kry hupstoot in stryd om premierskap
Boris Johnson se veldtog het Maandag ’n hupstoot gekry toe ’n teenstander in die wedloop om die premierskap van Brittanje sy steun aan Johnson toegesê het.
Matt Hancock, minister van gesondheid, is Vrydag uitgeskakel in Konserwatiewe LP’s se eerste ronde van stemmery vir hul nuwe leier.
Hulle moet ’n plaasvervanger kry vir Theresa May, wat reeds as partyleier bedank het en binnekort as premier uittree.
Hancock het 20 stemme gekry.
“Boris bedryf ’n gedissiplineerde veldtog en gaan sekerlik ons volgende premier wees,” het hy aan The Times gesê.
“Myns insiens moet ons vroeër eerder as later begin saamstaan.”
Volgens The Times is daar ’n sterk moontlikheid dat Hancock minister van finansies sal wees in ’n Johnson-kabinet.
Johnson het Vrydag 114 stemme gekry teenoor die 43 vir Jeremy Hunt, minister van buitelandse sake, 37 vir Michael Gove, minister van omgewingsake, en 27 vir Dominic Raab, Brexit-minister.
Die Tory-LP’s moet vandag in ’n tweede ronde tussen dié vier kies. Kandidate met 32 stemme of minder word uitgeskakel. As al vier meer as 32 stemme kry, word die een met die minste stemme uitgeskop. – Netwerk24Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie