Johnson loop voor; Raab uit stryd
Johnson loop voor; Raab uit stryd

Johnson loop voor; Raab uit stryd

Die Britse politikus, Boris Johnson, het Dinsdag die tweede stemronde in die leierskapstryd van die Britse Konserwatiewe party met 126 stemme gewen.

Al 313 lede van die Konserwatiewe Party het Dinsdag aan die stemmery deelgeneem.

Dominic Raab, gewese Brexit-sekretaris, het in die stemmery uitgeval toe hy slegs 30 stemme verwerf het.

Die vyf kandidate wat nou deurgaan na die volgende ronde stemmery is buiten Johnson, Michael Gove (41 stemme), Rory Stewart (37 stemme), Sajid Johnson (33) en Jeremy Hunt (46).

Die volgende stemproses sal Woensdag gehou word. Nóg stemrondes sal later vandeesweek volg.

Sodra daar slegs twee kandidate oor is, sal 'n breër stemproses in die Konserwatiewe Party gehou word om 'n leier te kies. 'n Nuwe Britse eerste minister kan teen die einde van Julie gekies word.

Johnson, 'n voormalige burgemeester van Londen en 'n oudminister van buitelandse sake, sê hy sal sorg dat Brittanje teen 31 Oktober die Europese Unie verlaat, al is daar nie 'n plan om Brexit glad te laat verloop nie. Dit kan tot onmin in die parlement lei.

Johnson se onkonvensionele styl het hom al gehelp om 'n rits skandale in die verlede te oorleef en het nou die meerderheid van sy party oortuig dat slegs hy tot die redding kan kom om Brexit te bewerkstellig. – Netwerk24/SkyNews/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!