Jonas Makwakwa: Só het SAID-hoë losgekom
Ondanks duidelike bewyse vir 'n dissiplinêreverhoor het Jonas Makwakwa skotvry daarvan afgekom.
Die regsfirma Hogan Lovells het uitdruklik bevind die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) kan dissiplinêr teen Jonas Makwakwa optree omdat hy nie sy persoonlike sakebelange verklaar het nie.
Tog het die SAID hul aanbevelings geïgnoreer en is Makwakwa, vorige adjunkkommissaris van die SAID, in ’n tugverhoor onskuldig bevind.
Dit blyk ná insae in die verslag van Hogan Lovells wat ’n jaar lank by die SAID gelê het voordat dit die afgelope week in die parlement bekend gemaak is.
Buitengewone transaksies
Van Maart 2010 tot Januarie 2016 is 75 keer kontantbedrae van altesame R785 130 in Makwakwa se persoonlike bankrekening inbetaal.
Daarby het Makwakwa van April tot Mei 2015 drie bedrae van die maatskappy Biz Fire Worx van altesame R480 000 ontvang.
Saam is dit net meer as R1,265 miljoen, luidens die verslag.
Die Finansiële Inligtingsentrum (FIS) het die volume en waarde van die kontantinbetalings as hoogs buitengewoon beskou, siende dat Makwakwa ’n permanente werknemer van die SAID was.
Hogan Lovells het net ondersoek of die bedrae wat Makwakwa en sy SAID-kollega Kelly-Ann Elskie ontvang het, enige oortreding was van interne beleid van die SAID of van die Wet op die Bestuur van Staatsfinansies.
Of Makwakwa en Elskie belasting ontduik het of enige ander aspekte van die Wet op Belastingadministrasie oortree het, was volgens Hogan Lovells die taak van die SAID self om te ondersoek. Daarby is dit die polisie se taak om te ondersoek of die transaksies die opbrengs van misdaad soos korrupte aktiwiteite was en of dit op geldwassery neergekom het.
Luidens Hogan Lovells se verslag het hulle in Oktober 2016 met Makwakwa en sy regsverteenwoordiger, Sonia de Vries van die prokureursfirma Baker & McKenzie, vergader, waar Makwakwa oor die verdagte transaksies uitgevra is wat die FIS uitgelig het.
De Vries het gevra dat daar nie ’n klankopname van die vergadering gemaak word nie.
Betalings van SAID
Makwakwa het belowe om op 4 November 2016 omvattend op vrae te antwoord. In sy antwoorde het hy erken dat die betalings in sy persoonlike bankrekening by FNB gedoen is.
Hy het aangevoer die betalings was wettig en dat dit in sy belastingopgawe aangedui is.
Hy het beweer die betalings was van die SAID, terugbetalings van beleggingsfinansiering deur Biz Fire Worx waarvan hy in ’n stadium ’n direkteur was, die opbrengs van die verkoop van eiendom en ander bates, en geld wat hy van sy pa en ander familielede ontvang het.
Hogan Lovells het op sy beurt die ouditgroep PwC gekontrakteer om die 75 verdagte kontantdeposito’s te ondersoek. Die meeste van die betalings kon nie geverifieer word nie, insluitend SAID-betalings van R162 530.
PwC kon nie vasstel op grond waarvan die SAID dié betalings aan Makwakwa sou doen nie en Hogan Lovells het aanbeveel die SAID moet dit ondersoek en ’n verduideliking van sy finansies-afdeling vra.
Buitewerk sonder toestemming
Makwakwa het versuim om sy private belange, eiendom en huurinkomste as werknemer aan die SAID te verklaar, en het buitewerk vir vergoeding gedoen sonder die SAID se toestemming, het Hogan Lovells bevind.
Makwakwa het in die ondersoek erken hy was tot einde 2012 ’n direkteur van Biz Fire Worx, en het van 2009 af finansiële en strategiese steun aan Lokisane Molea, direkteur van Biz Fire Worx, verskaf. Hy het ook gehelp met beplanning en toesig oor personeel.
Alle SAID-werknemers moet ingevolge die instelling se beleid oor interne etiek en belangebotsing al hul finansiële belange verklaar, en daar is geen aanduiding dat Makwakwa die SAID ingelig het dat hy in Februarie 2012 ’n direkteur van Biz Fire Worx geword het nie. Hy het in Desember daardie jaar aangedui dat hy as direkteur bedank het.
Makwakwa het egter nooit by die SAID toestemming gevra of gekry om buitewerk teen vergoeding te doen nie.
Makwakwa was traag om aan Hogan Lovells te verduidelik wat die verskeie bronne van sy inkomste was en wou eerder weet wat die ondersoekers se mandaat was. Dit was volgens Hogan Lovells verrassend aangesien hy aanvanklik ingestem het om saam te werk en teen daardie stadium reeds begin het om ’n omvattende antwoord op hul vrae saam te stel.
Elskie
Wat Elskie aanbetref, is drie kontantbedrae vir ’n totaal van R450 200 in Desember 2015 in haar persoonlike bankrekening inbetaal. Die geld is gebruik om ’n eiendom te koop.
Elskie het aangevoer sy het die geld van haar ma ontvang, maar Hogan Lovells kon dit nie verifieer nie. Die regsfirma het egter bevind daar is nie gronde om teen Elskie op te tree nie en het aanbeveel dat haar skorsing opgehef word.
Latere klagtes teen Makwakwa
Een van Makwakwa se skorsingsvoorwaardes in September 2016 was dat hy nie enige SAID-werknemers mag kontak sonder toestemming nie. Tog het hy in Januarie verlede jaar ’n SAID-werknemer, Dion Nannoolal, gekontak oor ’n belastingbetaler se belastingsake.
Hy het boonop volgens die SAID se aangepaste tugverhoor-klagtes vir Nannoolal onbehoorlik probeer beïnvloed, wat neerkom op ’n misbruik van sy posisie omdat Nannoolal nie aan hom gerapporteer het nie.
Makwakwa se tugverhoor is op 27 en 28 Julie verlede jaar en weer op 15 Augustus verlede jaar gehou. Adv. Terry Motau het hom onskuldig bevind. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie