Jonas vry van langarm van die gereg
Boks
Tielman van Lill
Die amateurbokser Jonas Junior Jonas, wat by die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, vir verkragting aangekla was, is ’n verligte man.
Jonas was Namibië se vlagdraer met die openingseremonie vier jaar gelede, maar sy deelname by dié Spele het spoedig in ’n nagmerrierit ontaard toe ’n skoonmaker ’n saak teen hom aanhangig gemaak het.
In Brasilië bestaan geen wet soos seksule teistering nie en die klag is as ’n verkragting geregistreer. Jonas kon onder polisiebegeleiding aan ’n uitdungeveg in die ronde van 32 deelneem, maar hy is in die spesifieke ontmoeting deur Hassan Amzile van Frankryk uitgeskakel.
Nadat Jonas (26) in die sorg van die Namibiese ambassade in Rio vrygelaat is, het dié bokser vir maande in die ambassade gewoon voor hy deur die Brasiliaanse owerhede toegelaat was om na Namibië terug te keer.
Jonas het as 20-jarige by die 2014 Statebondspele in Glasgow vir die eerste keer naam gemaak toe hy ’n silwermedalje in die ligweltergewigklas (63 kg) verower het. Hy was toe net die vierde Namibiese bokser wat ’n medalje by ’n Statebondspele kon losslaan.
By die 2018 Statebondspele in Australië het Jonas op sy prestasie in Glasgow verbeter en goud teen Thomas Blumenfeld van Kanada gewen.
Jonas het verlede week in Dakar vir Tokio 2020 gekwalifiseer toe hy ’n opnuut ’n goue medalje by die Afrika-kwalifiseringstoernooi om sy nek gehang het.
Jonas wat intussen ’n redelike lae profiel gehandhaaf het, het die afgelope paar jaar gefokus gebly en hard gewerk. Die bewys is sy topklas goue vertoning in Australië. Hy is oortuig daarvan dat hy vanjaar goud in Tokyo gaan verower.
Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) het dié week bekendgemaak dat Jonas nou ’n vry man is. Mnr. Abner Xoagub, NNOK-president, sê die Brasiliaanse regters het die klaer in die saak se getuies eenparig verwerp.
Xoagub sê dit was sedert 2016 ’n lang en moeisame reis vir die NNOCK en vir Jonas, maar dat dié nare hoofstuk ten einde laaste afgesluit is.
“Ons kyk nou na die toekoms en die 2020 Spele in Japan waarvoor hy reeds gekwalifiseer het. Ten spyte van die druk op Jonas het hy steeds voortgegaan en medaljes vir sy land gewen. Ek versoek die publiek om hom te ondersteun, want hy gaan Namibië in Tokio verteenwoordig,” het hy gesê
Daar was sprake dat die Spele in Tokio weens die gevaar van die coronavirus uitgestel kan word, maar die skouspel is steeds bestem om vanaf 24 Julie tot 9 Augustus aangebied te word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie