Jong Belge versterk Pedal Power-reeks
Jong Belge versterk Pedal Power-reeks

Jong Belge versterk Pedal Power-reeks

Die spanwerk van die padfiets­reeks het sommer uit die staanspoor vir 'n vuurwarm kompetisie gesorg.
NAMPA
Die Namibiese fietsryseisoen is Sondagoggend afgeskop met die Döbra Loops-byeenkoms noord van die hoofstad, waar meer as 150 ryers in die eerste resies van die 2020 Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks meegeding het.

Elf manspanne (die meeste nóg) en vier vrouespanne het tot dusver ingeskryf. Veral aan die manskant wemel al die spanlyste van presteerders op internasionale vlak.

Die gedugte Team Avengers, 'n samestelling van internasionale ryers uit België en Namibië, se Belgiese Ysterman-driekampatleet Jef van Meirhaeghe was uiteindelik in 'n klas van sy eie aan die voorpunt en het die oorwinning beklink, elf sekondes voor die Namibiërs Martin Freyer (Hollard Life) en Alex Miller (#MBMRacing Men) wat dieselfde tyd aangeteken het.

Die 27-jarige Van Meirhaeghe was België se nasionale o.23-kam­pioen op die padfiets gedurende 2014. Selfs 'n meer bekende landgenoot en ­spanmaat vir Team Avengers is Victor Campenaerts – die houer van 'n ­indrukwekkende wêreldrekord vir die langste afstand op 'n padfiets binne een uur (55.089 km) waarmee hy verlede jaar sir Bradley Wiggins se vorige merk (54.526 km) oortref het.

Die 28-jarige Campenaerts was Sondag vierde oor die eindstreep, met nog 'n landgenoot, Peter ­Denteneer, in die 13de posisie en hul ­Namibiese spanmaat Pierre Knoetze elfde. ­Denteneer en Van Meirhaeghe is deesdae beroepsatlete in triathlon en die drietal is tans op 'n oefenkamp op die Windhoekse hoogte bo ­seespieël ter voorbereiding op die Europese seisoen wat binnekort begin.

Die byeenkoms wat by Brakwater begin het, was op 'n herhalende roete van 14 kilometer, met die manspanne wat sake oor sewe rondtes (altesame 98 km) uitgespook het. Die vroue het vyf rondtes afgelê (70 km).

In die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks is die klem egter op die vertonings van spanne, eerder as individue. Die tyd van elke span se derde ryer oor die eindstreep word dus langs hul naam aangeteken.

In die vrouekategorie het Michelle Vorster in die kleure van Hollard sake op haar eie gedikteer om meer as nege minute voor die res klaar te maak. Saam met haar spanmaats Anneke Steenkamp en Zoe Mitchell het hulle die voortou in die vrouereeks geneem.

Ná afloop van die resies het Van Meirhaeghe aan Nampa gesê dit was 'n harde resies en dat hy dit geniet om in Namibië mee te ding.

“Wanneer ek aan die voorpunt was, het my spanmaats dit reggekry om die peloton effens te vertraag, maar dit was regtig moeilik om weg te breek op die lang reguit dele. Jy moes die heeltyd op die pedale wees.”

Die WPP-reeks se volgende byeenkoms word reeds komende Sondag op die Daan Viljoenpad gehou (07:30), met die Matchlessmyn se bulte deel van die bekende uitdaging vir ryers.

Sondag se voorste uitslae:



MANSPANNE

1 Jef van Meirhaeghe (The Avengers) 02:24:44

2 Martin Freyer (Hollard Life) 02:24:55

3 Alex Miller (#MBMRacing Men) 02:24:55

4 Victor Campenaerts (The Avengers) 02:24:56

5 Gerhard Mans junior (Hollard Life) 02:24:56

6 Drikus Coetzee (Hollard Insure) 02:24:57

7 Dieter Koen (Team KIA Elite) 02:25:04

8 Brandon Plaatjes (NCCS) 02:25:05

9 Braam Vermeulen (#MBMRacing Men) 02:25:05

10 Pascal Marggraff (NCCS) 02:25:05

11 Pierre Knoetze (The Avengers) 02:25:05

12 Hugo Hahn (#MBMRacing Men) 02:25:06

13 Peter Denteneer (The Avengers) 02:25:06

14 Kai Pritzen (Team KIA Elite) 02:25:13

15 Danzel de Koe (Team KIA Elite) 02:25:13



VROUESPANNE

1 Michelle Vorster (Hollard MyLife) 01:51:45

2 Anneke Steenkamp (Hollard MyLife) 02:01:09

3 Risa Dreyer (#MBMRacing Ladies) 02:01:37

4 Zoe Mitchell (Hollard MyLife) 02:01:43

5 Lelani Swart (Lumber City Ladies) 02:01:45

6 Melissa Hinz (Lumber City Ladies) 02:01:45

7 Robyn-Lee Swartz (Hollard MyLife) 02:01:45

8 Adelé de la Rey (Lumber City Ladies) 02:01:45

9 Silke Bean (#MBMRacing Ladies) 02:01:54

10 Maike Bochert (Hollard MyLife) 02:01:56

11 Irene Steyn (#MBMRacing Ladies) 02:01:59

12 Francesca van der Merwe (#MBMRacing Ladies) 02:02:26

13 Marguerite Verwey (Lumber City Ladies) 02:04:22

14 Rina Lambert (Lumber City Ladies) 02:05:46

• Die stand van die manspanne: 1 Team Avengers, 2 #MBM Racing Men, 3 Hollard Life, 4 Team KIA Elite, 5 NCCS, 6 Hollard Insurance; 7 Food Lover's Market.

• Die stand van die vrouespanne: 1 Hollard MyLife, 2 #MBMRacing Ladies, 3 Lumber City Ladies, 4 Ingwe Ladies.

– Bygewerk van Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!