Jong Hangula beïndruk met intrapslag
Boogskiet
Boogskutters van dwarsoor Namibië het op Saterdag 10 Februarie in Windhoek vir 'n veld- en boogskietkompetisie byeengekom.
'n Groep van 19 skutters het die oggend op die veldbaan buite Windhoek in fantastiese koel weer geskiet.
Ná 'n lang afwesigheid op die boogskietfront het Xander Reddig teen sy pa meegeding en het boonop met die louere weggestap.
'n Nuwe skutter, Johannes Hangula, het met 'n tradisionele boog by die veldskietgroep aangesluit. Hangula het met sy vernuf beïndruk en van die deelnemers het hul wenkbroue van verbasing ná sy heel eerste kompetisie en uitslae gelig. Voorwaar 'n wonderlike eerste kompetisie vir dié jongeling.
Boogskutters het geskiet op afstande vanaf 10 tot 80 voet afhangende van die kategorie waaraan hulle deelneem.
Die veldskietboogskutters is tans besig om vir dié dissipline se wêreldkampioenskap voor te berei wat vanjaar in Potchefstroom aangebied word. Skutters van oral in die wêreld neem aan hierdie gesogte kompetisie deel wat elke twee jaar gehou word.
Die uitslae:
Volwasse mans vrystyl onbeperk: Louan Groenewald 540. Charmain du Preez 448. Jaco Vermaak 523. Piet Zondagh 516. Waldo van Wyk 482.
Beginners: Charmain du Preez 448. Sonovia Boois 471. Johannes Hangula 236 (tradisionele boog).
Volwasse vroue jagboog onbeperk: Liezl Schoeman 491. Mel Rossler 473.
Volwasse mans terugbuig jagboog: Xander Reddig 298. Frank Reddig 284.
Jong mans vrystyl onbeperk: AJ Groenewald 510. Jan-Hendrik van Wyk 487.
Junior mans vrystyl onbeperk: Gideon Brink 508. Mathys du Preez 402.
Junior vroue vrystyl onbeperk: Lindie Schoeman 354.
Junior vroue jagboog onbeperk: Nanda Schoeman 392.
Junior vroue vrystyl: Quinn Reddig 458.
Junior mans vrystyl: CF Brandt 442.
Die volgende veldskietkompetisie sal op 3 Maart by die Windhoek veldskietbaan plaasvind. Navrae kan aan Bea Viviers by 081 124 7551 gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie