Jong Herbert plaas Costa tweede

Tielman vanlill
’n Uiters suksesvolle tweede rit in die Nedbank-veldreeks van die Rock & Rut-bergfietsklub is Saterdag by Farm Windhoek aangebied. Oud en jonk kon die pap dik aanmaak voordat Herbert Peters die algehele eerste plek voor Costa Seibeb weggeraap het.
Ongeveer 180 inskrywings is ontvang vir die dag waarvan Pupkewitz Megabuild ’n medeborg was. Die geleentheid maak voorsiening vir die hele familie en selfs Johan Albert, vierjarige seuntjie van die vrouekampioen Michelle Vorster, het twee rondtes in die o.10-afdeling afgelê.
Soos gewoonlik kon die meer gesoute ryers mekaar in die elite, junior, veterane- en subveterane-kategorieë opdreun.
In die hoofren het die junior ryer Herbert Peters en Costa Seibeb (elite) vir ’n naelbyt jaagtog gesorg, maar Peters het met sy tegniese vaardigheid as wenner uit die stryd getree toe hy bykans twee minute vinniger in 1 uur 2 minute 42 sekondes oor die eindstreep gery het met Seibeb in 1:04:24 na hom.
Xavier Papo eindig derde (1:05:50) met die subveterane Wim Steenkamp (1:09:11) en Phillip Steyn (1:10:31) onderskeidelik vierde en vyfde algeheel, terwyl die veteraan Ian Grassow algeheel sesde klaarmaak. Grassow wen sy kategorie met ’n goeie tyd van 1:11:40, terwyl Hans du Toit (1:13:19) en Greg Chase (1:19:14) die tweede en derde plekke inneem.
By die meestersmans (50 en ouer) het Stefan Bohlke (50 min 08 sek) net-net onder Frank Snyman (51:55) uitgery.
Arno Kok van Swakopmund wat met ’n lekband in die laaste rondte gesukkel het, gee die laaste paar meter alles om in 53:42 vyf sekondes voor Kallie Grünschloss vir die derde plek in te klok.
By die elite vroue was Michelle Vorster (1:14:39) te haastig vir Irene Steyn (1:23:01), terwyl Steffanie Grossmann die junior vroue oorheers (54:50). Die subveteraanwenner Hester Prins (57:57) klop Benita Kasch, met Gesa Kock (1:02:15) in die derde posisie.
By die vroue veterane is Antje Tietz met 59:21 te sterk vir Ingrid Hoth (1:00:39) en Mandy Huysamen (1:03:35).
By die meestersvroue seëvier Barbara Ackermann met 44:22 en Sigi Bassingthwaighte oorheers by die grootmeesters vroue (52:14). Chris Muir verseker sy eerste plek by die grootmeester mans (53:57).
In die Rhino-klas vir die swaarder manne (90 kg plus) was André Vermeulen eerste in 50:35. Christo du Raan is eerste in die mans sport-afdeling en Johanita de Waal kry dieselfde by die vroue reg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!