Jong kiesers verwaarloos hul pligte
FRITZ H DAUSAB, LPM-KOMMISSARIS BELAS MET WAARHEID EN AANSPREEKLIKHEID SKRYF:
Volgens studies wat in die VSA gedoen is, maak jeugstemme saak, soveel dat die kollektiewe jeugstem die verkiesing op 27 November 2019 in Namibië kan swaai.
Volgens die artikel “9 Reasons Why We Need Young Voters” (thebestcolleges.org, 2019) het Millennials ‘n beslissende stem in die 2012-verkiesing van Barack Obama vir 'n tweede termyn as president gehad.
Jong kiesers in Namibië verwaarloos die belangrikheid van hul stemme. Hulle kan stem vir die toekoms wat hulle wil hê.
Belangrike kwessies in verkiesings hou toenemend verband met sake wat die jeug, studente en professionele persone tussen die ouderdom van 18 en 29 raak. Dit is noodsaaklik dat hierdie groep hulself opvoed oor politieke kwessies en stem.
Jong volwassenes verteenwoordig byna 60% van die kiesersbevolking in Namibië , maar hulle is soos elders verdeel langs ras-, geslags- en opvoedingslyne wanneer hulle sleutelkwessies oorweeg. Jongmense moet kwessies beïnvloed wat hul lewens nog vir baie jare sal raak, byvoorbeeld hervorming in hoër onderwys en beursprogramme.
Die jeug kan nie stilsit terwyl ander mense belangrike politieke besluite oor hul toekoms neem nie. Jong kiesers moet stem vir die politieke party en kandidate wat volgens hulle die beste na hul belange sal omsien.
Niemand anders gaan jul belange bevorder nie. Julle moet jul probleme self aanspreek.
Die jeug is jeug bewus van belangrike kwessies in Namibië. Op Facebook en elders in die sosialemedia gesels die jeug gesels ure lank oor byvoorbeeld korrupsie. Daar is baie woede oor die GIPF-skandaal.
Soos die afgelope 29 jaar is daar nie sprake van verantwoording deur Swapo en hul president nie.
Miljarde is al aan Air Namibia en die NBC bestee en August 26 se boeke is nog nooit vir die publiek oopgemaak nie. Daar is ook nie aanspreeklikheid oor die NDF se aankoop van jagplase nie.
Meer as 60% van die jeug is werkloos!
Die jeug moet hul stemme teen wanbestuur en armoede uitbring en ‘n regering kies wat mense sal glo. Die jeug kan van korrupsie en kameraadpolitiek ontslae raak.
Stem vir ‘n jong party wat toegewyd is om werk te skep; die enigste party wat die vet wil sny wat Swapo en huidige opposisiepartye geskep het; ‘n party wat nee sê vir korrupsie; nee vir nuwe Mercedes-Benz’e, nee vir nie-aanspreeklikheid; 'n party wat wil hê politieke ampsdraers moet hul eie voertuie koop; 'n party wat parlementêre setels sal verminder; beter bestuurders vir staatsondernemings sal aanstel, of selfs baie van die SOE's sal sluit. Ons kan baie ministeries saamsmelt, minder adjunkministers aanstel en die gespaarde miljarde vir ontwikkeling gebruik.
Ons doen ‘n beroep op ons wit, Baster, Duitse en swart jeug om saam met ons te staan. Vir te lank bly van ons agter slot en grendel in hul huise.
Dit is tyd om laer te trek en jul stemme dik te maak vir ‘n land wat julle ook jul eie noem. Vir hoe lank wil julle agter julle mure en geld skuil?
Ons het julle tegniese en bestuursvernuf nodig om die land regtig vry te maak; ‘n land waarop ons almal kan trots wees en kan bou. Daar is nuwe partye wat merendeels uit die jeug bestaan, selfs op bestuursvlak. As ons saamstaan, sal ons baie sterker wees.
Gaan stem asseblief op 27 November. Ons kan jou stem gebruik om ontslae te raak van die parasiete in hul lang, slap, swart motors; die korrupte fossiele van Swapo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie