Jong kinders leer speel-speel
Jong kinders leer speel-speel

Jong kinders leer speel-speel

Ontwikkeling
Die Kiddie Sport-program se jaarlikse hoogtepunt geskied vandag en môre met die deelnemende skole se vertonings by Wanderers se binnenshuise hokkiebaan.

Die vertonings word vir die tweede opeen­volgende jaar deur PSG Wealth geborg, wie se besturende direkteur, mnr. Brian van Rensburg, môre om 20:30 die openingseremonie sal waarneem.

Kiddie Sport is gerig op die ontwikkeling van jong kinders se baalvaardigheid, koördinasie, reflekse en sosiale inskakeling.

Sportkodes soos tennis, krieket, hokkie, sokker en gholf vorm deel van die program waarin kinders van vroeg af goeie tegniek aangeleer word.

Die program is gewild en suksesvol omdat dit kinders aanmoedig om 'n verskeidenheid balsporte te beoefen wat hulle later goeie opsies gee om uit te kies. So word die risiko verminder dat kinders wat te vroeg in individuele kodes spesialiseer, die sport vaarwel toeroep wanneer die oefeninge nie meer pret is nie. Sport is pret en die kinders word deur speletjies talle vaardighede geleer.

Die Kiddie Sport-program word reeds vir die laaste 28 jaar by die meeste laerskole en pre-primêre skole in Windhoek aangebied.

Net in 2019 het reeds meer as 'n duisend kinders deelgeneem, te danke aan die insette van vyftien afrigters.

Die deelnemende kin­ders is tussen vier en nege jaar oud. Afrigters van Kiddie Sport wat potensiële sportsterre raaksien, kan professionele oefening in spesieke kodes aanbeveel.

Alle ouers, onderwyers en belangstellende partye is hartlik welkom om die gewilde program vir die ontwikkeling te kom beleef en om die kinders se vordering te evalueer.

Die naweek se program van vertonings:



VANDAG

17:30–18:30 Early Birds, Busy Brains, St. George's, Windhoek Gimnasium, Nam Kids, Highlands Christian Pre-primary, Montessori, Windhoek Pre-primêr, Eden SDA, Bambino Kids Eros laer­skool en pre-primêr.

18:45–19:45 Liewe Heksie, Pandora, Kleine Prof College, WAP Treintjieskool, ABC Kiddies, DHPS, Bärchenhöhle, Ruth Albrecht's Rainbow.



MÔRE

07:30–08:30 Orban, Kiddi Care, St. Paul's, Amazing Kids (Windhoek-Wes en Cimbebasia), Pikkie­paradys, Sister Hildegard, Pikkiepark.

09:00–10:00 Gammams Primary, All Nations, Suiderhof laerskool en pre-primêr, Delta KG, Delta, Dorado Primêre Skool.

10:30–11:30 Amptelike openingseremonie; Holy Cross Convent, Pionierspark, Blink Ogies.

12:00–13:00 Windhoek Central laerskool en pre-primêr, St. Andrews, Emma Hoogenhout laer­skool en pre-primêr.

Vir meer inligting kan Kiddie Sport se koördineerder, me. Amanda van Dyk, by 081 124 4385 geskakel word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!