Jong kinders slaan peuter dood
Jong kinders slaan peuter dood

Jong kinders slaan peuter dood

Geen inhegtenisnemings is tot dusver ná die skokvoorval uitgevoer nie, terwyl die minderjariges berading kry.
Henriette Lamprecht
Drie kinders van wie die oudste elf jaar en die jongste nege jaar oud is, het oor ’n tydperk van twee dae ’n tweejarige meisie sodanig met stokke aangerand dat sy aan haar beserings gesterf het.

Die meisie is in die Okakango-nedersetting naby Okongo in die noorde van die land vanaf 23 tot 25 November herhaaldelik met stokke oor haar gesig, kop, maag en private dele geslaan. Sy is ook op haar bene gebrand.

Volgens die misdaadverslag het die meisie se 25-jarige ma haar saam met die minderjariges by twee geleenthede alleen by die huis gelos. Met haar terugkeer het sy haar dogtertjie met beserings gevind, maar nooit hospitaal toe geneem nie. Die meisie is terwyl haar ma nie tuis was nie, in die huis dood.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en reëlings is met ’n maatskaplike werker vir berading vir die drie minderjariges getref.

• In die Onkumbula-nedersetting is ’n tienjarige meisie Saterdag deur ’n 35-jarige man in die vroeë oggendure verkrag waar sy gelê en slaap het. Die verdagte is in hegtenis geneem, maar hy is nog nie aangekla nie.

• Volgens die polisie het ’n welbekende verdagte (27) in die Okiimbi-nedersetting ’n 15-jarige meisie op pad skool toe in sy kamer verkrag. Hy is in hegtenis geneem.

• ’n Twaalfjarige meisie wat Saterdag omstreeks 19:00 in die Etoshapoort-woonbuurt in Outjo ys by die 18-jarige verdagte gaan koop het, is in die bosse onderweg huis toe deur hom verkrag. Hy is in hegtenis geneem.

• In Mariental is ’n 35-jarige man op vrye voet nadat hy Vrydag omstreeks 02:00 seks met ’n besope vrou sonder haar toestemming gehad het.

• ’n Vrou wat ’n geleentheid huis toe gesoek het, is Woensdag deur ’n 23-jarige man in Mondesa, Swakopmund, ontvoer en by die vullisstortingsterrein verkrag. Die verdagte is nog soek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!