Jong mans betrek by Suiderhof-moord wil borgtog hê
Twee jong mans wat vroeër in verband met die moord van 'n man in die Suiderhof-woonbuurt in hegtenis geneem is, verskyn op 4 Maart in die landdroshof in Windhoek vir 'n aansoek om borgtog. Marcel Groenewald (19) en Paul Ronnie Loots (23) het vandag vir die tweede keer in die hof verskyn waar hulle gehoor het hulle kan vroeg in Maart 'n formele borgtogaansoek bring. Groenewald en Loots word daarvan beskuldig dat hulle die 45-jarige Samuel Koopman op 1 Februarie omstreeks 19:30 in in Andimba Toivo Ya Toivo Street in Suiderhof met 'n mes gesteek en sy maag oopgesny het. Die mans bly tot en met hul verskyning op 4 Maart in polisieaanhouding by die sentrale polisieselle in die hoofstad. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie