Jong mense is ons grootste bate
ERNST HASHAGEN SKRYF:
Baie dankie aan mnr. Wilhelm de Wet vir sy bydraes ("Ons moet hand in eie boesem steek", 13 Januarie 2022, en "My beste vakansie ooit ... Rêrig?, 14 Januarie 2022).
Hy slaan die spyker op sy kop. Dit is net jammer dat die mense wat dit moet lees dit nooit doen nie. Die opstel van die leerder maak ’n mens hartseer! Waarheen is ons op pad?
Ons grootste bate is ons mense en veral ons jong mense. Die afskaffing van skoolfonds was ’n politieke besluit, wat selfs deur die opposisie ondersteun is. Sal dit nie goed wees om weer daaroor na te dink nie?
Die skole het ook ’n verantwoordelikheid om ouers by skoolaktiwiteite te betrek. Stel ’n begroting op en deel dit met die ouers. Die ouers moet weet waarvoor hulle geld gebruik word. ’n Formule kan uitgewerk word waarvolgens ouers volgens hulle inkomste tot die skool se onkostes bydra. Betrek die ouers by skoolaktiwiteite, sodat hulle kan voel dit is “hulle‘‘ skool. ’n Strategiese plan, met bereikbare doelwitte, wat ook die ministerie en ouerverteenwoordigers betrek, sal van groot hulp wees. Dit moet nie net ’n gepraat wees nie, maar daar moet veral gedoen word.
Die afgelope 32 jaar is daar aan die begin van die jaar ’n geskarrel na plekke in skole. Dit is nie alles die skuld van die staat nie. Ouers word vroegtydig ingelig om hulle kinders aan te meld. Dit gebeur nie en die gevolge is chaoties.
In baie skole word veertig leerders in ’n klas ingedruk. Van die onderwysers word verwag om doeltreffend in so ’n klas te onderrig.
Corona-voorskrifte kan onmoontlik gevolg word. Daagliks hoor ons van hoeveel leerders en onderwysers met die virus besmet is.
Vooraf beplanning is onmoonnlik, omdat daar nie genoeg skole is nie.
Die staat is verantwoordelik vir die voorsiening en instandhouding van skoolgeboue. Op 24 Januarie, die internasionale dag van onderwys wat wêreldwyd gevier word, het ons minister van basiese onderwys, kuns en kultuur gesê die behoeftes van Namibiese onderwys sal aangespreek word. Sal haar voorstelle realiseer? Moet ons dit maar nie ’n jaar van onderwys maak nie?
PRIORITEITE
Dit help nie ons het wonderlike staatsgeboue of van die modernste paaie (bv. die nuwe pad na die lughawe) en ons onderwysstelsel slaag nie. Dit beïnvloed alle vlakke van die samelewing in ons land.
Dit help nie om al ewig leerplanne te verander nie. Dit kos geld en veral die onderwysers ly daaronder.
Vyftig persent van ons jong mense is werkloos. Altyd moet ons hoor “daar is nie genoeg geld nie“. Blatante diefstal, korrupsie, duur projekte wat misluk het en wanbestuur het die land baie gekos.
Ons moet egter nie die positiewe dinge wat in ons land gebeur, vergeet nie. Ons het ’n vrye media - dit beteken as landsburgers word ons redelik goed ingelig.
Baie dankie aan die gesondheidswerkers, dokters, onderwysers, vragmotorbestuurders, polisie, boere, sommige staatsamptenare en baie ander mense wat alles in hulle vermoë doen om hulle plig na te kom. Selfs onder ons leiers is daar mense wat hard werk.
VIER DIE GOEIE
Ons sport presteer uitstekend. Ek noem net enkeles.
Ons kan besonder trots wees op ons spansporte soos krieket, hokkie, rugby ens.
Dit is jammer dat sokker so verwaarloos word. Daar is nie eers sokkervelde wat deur Fifa erken word nie. Niemand wil daarvoor verantwoordelikheid aanvaar nie. Tuiswedstryde moet ten duurste in die buiteland gespeel word. Dit is ’n skande!
’n Mens kry die spelers jammer. Hulle offer baie op, maar kry geen erkenning nie. Gelukkig is daar klubs en afrigters wat sokker onder die jeug aanmoedig.
Elke sportman/-vrou wat ons by die Olimpiese spele en Paralimpiese spele verteenwoordig het, verdien ons bewondering.
Ons “goue meisies“ uit hulle suksesvolste nommer (400 meter) geskors kort voor die begin van die Olimpiese spele, maar hul afrigter, Henk Botha, het hulle binne ’n kort tyd vir die 200 meter voorberei en Christine het met ’n silver medalje huistoe gekom. Vergelyk dit met die optrede van die wêreld se voorste tennisspeler, wat 'n gasheerland se wette oortree het. Wêreldwyd het ’n media sirkus ontstaan. Ons sal seker nog lank al sy verskonings hoor.
Ons hou duim vas vir Conner van Schalkwyk, wat aan die Junior AustralieseTenniskampioenskappe deelneem. Harde werk het hom daar gebring.
Dit is onmoontlik om almal te noem wat positief tot ons land bydra.
Dr. Fenny Shidhilea is seker een van die beste voorbeelde. Op sestien jaar het sy haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Oshigambo voltooi en daarna haar mediese studies aan die Universiteit van Kaapstad suksesvol afgesluit, teruggekeer Namibië toe en is vandag ’n pediateriese kardioloog by die Windhoekse Staatshospital. So ken ek baie jong mense wat in die buiteland studeer het, onder andere ook medies, en ook teruggekom het om hier hulle beroep te beoefen.
Dr. Njodi Ndeunjema het ’n prys van die Universteit van Oxford vir sy doktorale proefskrif ontvang. Kom ons hoop dat hy eendag sal terugkeer.
Reginald Emvula, tegniese ingenieur van animasiefilms, het ’n besondere prys ontvang. En daar is die man wat vir hom ’n netjiese huis van plastiekbottels gebou het. Dit is alles dinge wat ontsettend veel vir ons land beteken.
Die goeie reën wat ons onlangs feitlik oor die hele land ontvang het, is nog ’n rede tot optimisme. Veral die boere, wat onder vernietigende veldbrande deurgeloop het, sal besonder dankbaar wees.
As ons almal ons plig doen en veral die mensgemaakte probleme aanspreek word, sal 2022 ’n suksesvolle jaar vir Namibië wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie