Jong naaldwerkprojek 'n sukses
Tanja Bause – Me. Elizabeth Weiersmüller en haar man Peter, het vyf jaar gelede Grootfontein toe getrek om as sendelinge te werk.
“Ek kom oorspronklik van Gambia en my man van Switserland, maar ons het altyd geweet ons wil in ? Engelssprekende land in Afrika sendingwerk doen,” het Elizabeth gesê.
Ethiopië, Botswana en Namibië was die lande waarin hulle belanggestel het en toe ná hulle met past. Boet Prinsloo van Grootfontein kontak gemaak het, was die keuse maklik.
Verlede jaar het hulle die Little Skills-sentrum op die dorp geopen waar hulle met die bystand van me. Eva Hangula onder meer naaldwerkklasse aan meisies bied.
Die sentrum het met net vier meisies begin en twee weke later was daar reeds 16. Vandag woon 12 meisies tussen 12 en 18 jaar een keer ’n week naaldwerkklasse by. Baie is reeds van die begin af by die sentrum betrokke.
Hulle kom om 15:30 byeen ná hulle hul huiswerk gedoen het en bly dan tot om 17:00. Een keer ’n maand kook en bak hulle ook saam.
Die klasse word kosteloos aangebied en die kinders neem alles wat hulle maak huis toe.
“Ons het ook ’n klein biblioteek by die sentrum en ons moedig die kinders aan om ’n boek huis toe te neem en te lees. Ons wil graag hê dat lees ’n gewoonte by hulle word,” het Elizabeth gesê.
Die meisies doen alle naaldwerk met die hand.
“Ons het nou wel ’n kompetisie waar hulle ’n rok vir hulself moet maak en die twee wat die mooiste en netjieste rokke maak, mag dan as beloning op ons naaimasjien leer werk. Die meisies is baie opgewonde en ons sien al heelwat mooi rokke wat in wording is,” het Elizabeth gesê.
Vrydae bied Peter verfklasse aan die kinders, wat veral onder seuns gewild is.
Maandag, Dinsdag en Woensdag maak Elizabeth en Eva klere, doeksakke en handsakke wat hulle by markte en geleenthede op die dorp verkoop.
“Die klasse vir die kinders is gratis en ons moet geld maak om dit so te kan hou.”
Haar wens is dat meer jong meisies by die naaldwerk- en kookklasse aansluit en vir opleiding kom.
“Ons wil graag hê dat jong mense in hulleself glo en dat hulle ’n beter toekoms vir hulleself skep,” het Elizabeth gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie