Jong Rehobother eersdaags 'n priester
Boet Matthews – Die Katolieke kerk het nog ’n seun ryker geword.
Dié keer was dit op Rehoboth, waar mnr. Hentzel Johr onlangs as diaken ingewy is. Die gemeente, in ’n stampvol Heilige Hart van Jesus-kerk, was opgewonde omdat Hentzel op die drumpel van iets groot staan: Hy gaan volgende jaar die eerste boorling van Rehoboth word wat die titel van priester agter sy naam kan skryf.
Oor sowat ses maande sal hy dan as Vader Johr of Vader Hentzel bekend staan.
Oor die onlangse inwyding sal daar nog lank gepraat word, met priesters vanuit die suide-bisdom en vader Jan Mostert, Owerste van die Oblate van die Hl. Frans van Sales, asook biskop Pöllitzer wat die geleentheid bygewoon het. Laasgenoemde was in beheer van die inwyding en was vol lof vir Johr, wat op 33-jarige ouderdom as diaken ingewy is.
Tydens die geleentheid het sy ouers, me. Theresa en mnr. Hannes Johr, die Here gedank vir Sy rol in hul seun se lewe. “Ons is trots op Hentzel en is ten volle daarvan oortuig dat hy sy werk in die amp sal volstaan.”
Hentzel was nog altyd daarvoor lief om sy gewig by die kerk in te gooi en het as laerskoolleerling reeds as misdienaar gedien. Hy het tussen 2006 en 2009 aan die St. Charles Lwanga Major Seminarie in Windhoek studeer en in 2010 sy teologiese studies in Pretoria voortgesit, wat hy suksesvol voltooi het.
Die gemeente het ná die inwyding by navraag aan hierdie skrywer gesê: “Ons is trots op Hentzel en ons is daarvan oortuig dat hy die Katolieke geloof en ons dorp Rehoboth se naam hoog gaan hou.
" Dit is nie maklik om die Here te dien nie, veral as jy nog so jonk is. Daar sal uitdagings op sy pad kom en daar sal dae wees dat hy wonder waarom dinge skeef loop noudat hy die Here dien. Dis alles deel van ons lewens om beproewings te weerstaan. Ons moet altyddeur op ons knieë gaan en met ons Herder praat. Ons wens hom alle seën toe en is opgewonde vir die dag in 2016 wanneer hy as priester ingewy word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie