Jong ryers baat
Jong ryers baat

Jong ryers baat

FNB Namibia het onlangs N$12 000 aan Etameko-fietsryklub oorhandig om dié klub se maandelikse byeenkomste vir juniors en beginners te ondersteun. Die mees onlangse een is laas Saterdag noord van Windhoek aangebied. FNB sê hy is gretig om Namibiërs op voetsoolvlak by te staan en met ontwikkeling te help. Van links is Tauko Shiliongo (Etameko), Sofia Simon en Sam Ikela (FNB se hoof van SME- en sake-ontwikkeling). Ikela het by die oorhandiging gesê byeenkomste soos dié van Etameko is 'n platform om die bestaande entoesiasme vir die sport verder uit te brei. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer