Jong sangtalent hier tuis
Tanja Bause – ’n 17-jarige seun van Outjo was onlangs in Amerika waar hy drie bronsmedaljes vir sy sang ontvang het. Hy het derde geëindig teen mededingers van 68 lande wat deelgeneem het.
Dié ongelooflike geleentheid het gekom ná J.P. Kotze, wat die afgelope twee jaar stemlesse by mnr. Rudi Moore van Sky Productions in Outjo ontvang, aan die South African Association of Talent, Modelling and Entertainment (SAATME) kampioenskappe deelgeneem het. Daar het hy vyf liedjies gesing – en ’n indrukwekkende vyf goue medaljes vir sy moeite verwerf.
“In Amerika het ek in die gospel-kategorie die lied ‘Stil’ gesing, ‘Stand by you’ in die ope kategorie en ‘I won’t give up’ in die verskeidenheid-kategorie gesing. Ek het brons in elke kategorie gewen en dit was ’n ongelooflike gevoel. Ek het my alles gegee. Sodra ek met skool klaar is, wil ek musiek gaan studeer en dan ’n sanger of stemafrigter word. Musiek is my toekoms,” het Kotze gesê.
Volgens hom sing en bespeel hy al die afgelope nege jaar kitaar. Hy het hy in die verlede optredes gevrees, maar sedert hy met Moore werk het sy verhoogpersoonlikheid ontwikkel en sien hy daarna uit om op die verhoog te wees.
“Die ondervinding in die VSA was ongelooflik. Ons was net twee van Namibië. Die ander lande het groot groepe gestuur. Voor elke optrede moes ons sê van waar ons kom. Die mense uit ander lande het vir ons geskreeu en aangemoedig omdat ons van so ’n klein land kom en nie regtig ondersteuners daar gehad het nie,” het Kotze gesê.
Lara-Nika Praetorius (11) wat ook by Sky Productions oefen, het by die onlangse Namibia Association of Talent, Modelling and Entertainment (NATME) kompetisie in Windhoek drie goue medaljes gewen. Daarmee dring sy deur na die volgende rondte in Suid-Afrika deur en mits sy daar goed vaar, wink die kompetisie in Amerika ook vir haar.
“(In Windhoek) het ek in die gospel kategorie ‘Rooftops’ gesing, ‘Bonfire Heart’ in die verskeidenheid-kategorie en ‘The Story’ in die country kategorie. Dit maak my baie gelukkig om te sing en wanneer die ligte op ’n verhoog aangaan, is ek in ’n droomwêreld. Ek is mal oor die verhoog en sing graag,” het Praetorius gesê.
“Ek kan dit beaam, want ek hoor haar die hele dag by sing. Ons is bure en sy is nooit stil nie,” het Kotze met ’n glimlag gesê.
Praetorius het op driejarige ouderdom vir die eerste keer agter ’n mikrofoon op die verhoog by die Windhoek Skou gestaan en die kinderliedjie “Gee my springbokbiltong” gesing.
“Dit is toe wat ek geweet het dit is wat ek wil en moet doen. Ek wil hard werk en die wêreld sien. Die verhoog maak my glad nie bang nie. My ma aan die ander kant, stres haarself dood voor elke optrede!”
Sy bespeel ’n klavier wat aan haar ouma behoort. Haar ouma het die klavier gekry toe sy nege jaar oud was en toe sy skool toe gaan in Windhoek, het die klavier saam koshuis toe getrek. Dit het toe later weer saam met ouma Outjo toe getrek waar dit nou deur Praetorius gebruik word.
“As jy gekies word om Amerika toe te gaan, beteken dit jy kan sing. Jy gaan nie om daar te leer nie,” het Kotze gesê. “Jy maak wel baie vriende. Ons het in die strate geloop en in groepe gesing. Ek was nogal jammer toe ek huis toe moet kom, want ek het mense van oral in die wêreld ontmoet met wie ek lekker kon saamsing.
“Ons Outjo-kinders werk regtig ons asse af en waardeer sulke geleenthede. Ons is baie dankbaar dat Rudi dit vir ons moontlik maak,” het hy bygevoeg.
Sky Produktions het twee jaar gelede op Outjo sy deure geopen. Tans is daar 25 kinders wat stem-, klavier- en tromklasse asook hip hop-dansklasse neem.
“Ek het in graad 8 klavierlesse geneem en stemafrigting gestudeer, maar dit was nie my werk nie; dit was vir baie jare my stokperdjie,” het Moore gesê.
Die dorp se gemeenskap het hom ook intussen gevra om modelwerkklasse vir hul kinders aan te bied.
“Ek het nie daarvoor kans gesien nie, maar wel vir die sang- en musieklesse. Ek het verskeie opknappingskursusse gedoen en my stokperdjie in my werk verander. Nou geniet ek elke oomblik en kinders soos J.P. en Lara-Nika en al die ander, maak elke dag die moeite werd,” het hy gesê.
“Glo in jou God, glo in jou afrigter en glo in jouself, sê ek altyd vir myself voor ek iets doen,” het Kotze afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie