Jong Seidler verpletter rekord van 1996

Andrew Poolman
Net twee Namibiese swemmers, Phillip Seidler en Jörn Diekmann, het vandeesmaand aan die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap en Olimpiese proewe by die Kingspark binnenshuise sentrum in Durban deelgeneem.
Vir Suid-Afrikaanse swemmers was dié byeenkoms die maak of breek sover dit spankeuse vir die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro betref.
Seidler en Diekmann het teen die buurland se voorste swemmers insluitend die Olimpiese kampioen Chad Le Clos, Cameron van der Burgh en ontluikende sterre soos Mathew Meyer en Christopher Reid meegeding.
Seidler het ’n week van puik prestasies beleef. Die Swakopmunder het sy land trots gemaak met ses Namibiese rekords, drie goue medaljes in die jeugklas, een brons in die jeugklas en een senior bronsmedalje.
Op sy eerste dag het hy in die jeugklas die goue medalje in die 400 m vryslag verower en het ook vir die senior finaal gekwalifiseer.
Seidler se tyd van 4 minute 09.35 sekondes in die 400 m vryslag oortref was 3.75 sekondes vinniger as Heiko Horn se nasionale ope mansrekord wat al die jare sedert 1996 bly staan het. Sy tyd het uiteraard ook sy eie Namibiese seunsrekord (17-18 jaar) verbeter.
Op dag twee het hy ’n bronsmedalje in die jeugklas 200 m vryslag ingepalm met ’n persoonlike beste vertoning van 1:58.67.
Sy grootste hoogtepunt was egter die 800 m vryslag. Die ou Namibiese ope mansrekord van Quinton Delie is met ’n allemintige 27.05 sekondes verpletter. Dit het hom die goue medalje in die finaal van die jeugklas besorg, asook die bronsmedalje vir die senior ope finaal. Uiteraard was dit ook ’n nasionale ouderdomsrekord vir seuns 17-18 jaar.
Sy gunsteling item was op die laaste dag se 1 500 meter vryslag. Hy het weer al sy vaardighede as langafstandswemmer uitgestal deur die senior finaal te haal en ook die goue medalje in die jeugklas te verower. Sy tyd van 16 minute 28.58 sekondes is ook as nuwe Namibiese mans ope en seuns 17-18 rekords aangeteken.


DIEKMANN
Met sy vertoning by verlede jaar se Afrikaspele in Brazzaville, Kongo het Jörn Diekmann ook vir die SA nasionale swemkampioenskap gekwalifiseer.
Hy het in die mans ope klas se vryslagitems (50, 100 en 200 meter) en vlinderslag (50, 100 en 200) meegeding. Hy het een nuwe persoonlike beste tyd opgestel toe hy die 50 vryslag in 26.50 sekondes afgelê het.
Met sy indrukwekkende tegniek onderwater in die vlinderslag het hy gewys dat hy in staat is om met sterk kompetisie by te hou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!