Jong seuns weer vir toer geslyp
Jong seuns weer vir toer geslyp

Jong seuns weer vir toer geslyp

Skolerugby
Andrew Poolman
Namibia Sport 4 Jesus beplan weer 'n toer vir die komende jaar – hierdie keer na Australië.

Die twee Namibiese kombinasies (onder 12 en o.13) sal vier wedstryde in Sydney speel.

Hul opponente is Penrith rugbyklub (4 Mei), Ryde rugbyklub 5 Mei), Norths Pirates rugbyklub (8 Mei) en Rockdale Rugbyklub (10 Mei).

Die groep is ook bestem om een Superrugby-wedstryd te gaan bywoon – die Waratahs se tuiswedstryd teen die Auckland Blues op 6 Mei.

Die toer volg nadat 'n onder 12 uitnodigingspan laas Desember in Engeland gaan toer en drie uit sy drie wedstryde gewen het.

“Die toer bied weereens 'n geleentheid vir ouers om hul kinders se ontwikkeling as rugbyspelers en jong seuns aan te help,” sê die afrigter Renfred Muller.

Twee oefenkampe word aanstaande maand gehou, naamlik 3 en 4 Maart in Windhoek asook 21 en 22 Maart op Walvisbaai.

Indien daar ouers is wat belangstel om hul kinders op die toer te stuur, kan hulle vir Renfred Muller by 081 724 0980 kontak. Daar is nog vier plekke oop in die onder 12-groep (stutte en slotte) en drie plekke by die onder 13's (stutte en flanke).

Die groepe is:



ONDER 13 (gebore 2004)

Dante Muller (Suide), Davitho van Wyk (Suide), Cavon Januarie (Suide), Jurenzo Julius (Weste), Herman Coetzee (Sentraal), Gerhard Boshoff (Sentraal), JW Visagie (Suide), Louw Rossouw (Weste), Dian Jacobs (Sentraal), Freddy Dreyer (Suide), Hannes von Wielligh (Sentraal), Leslo Williams (Sentraal), Levalle Underhill (Sentraal), Corné du Plessis (Suide), Jacobus Brand (Noorde), Pieter-Willem Esterhuizen (Noorde), Dirk Theunissen (Sentraal), Janco Mouton (Sentraal), Brayton Beukes (Suide).

Afrigter: Mauritz Thirion; hulpafrigter: Patrick Ludick; verdedigingsafrigter: Roger Thompson.



ONDER 12 (gebore 2005 of 2006)

Giani Rittmann (Suide), Petri Sowden (Noorde), Charl Marais (Sentraal), Mika Voesenek (Sentraal), Miguel Steenkamp (Weste), Heindrich Geldenhuys (Sentraal), Enzo van Rensburg (Suide), Mauricio Eberenz (Suide), Sarel Janse van Rensburg (Sentraal), Micheal Koopman (Weste), AJ Bock (Suide), Dian Calitz (Sentraal), Matthew Stevens (Weste), Steven-Jerrard van Wyk (Suide), Mathew van Wyk (Suide), Jodan Isaaks (Suide).

Afrigter: Renfred Muller; hulpafrigter Normin Lucas; verdedigingsafrigter: Roger Thompson.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!