Jong verpleu00ebr het glo 8 babas in haar sorg vermoor
Jong verpleu00ebr het glo 8 babas in haar sorg vermoor

Jong verpleër het glo 8 babas in haar sorg vermoor

Die personeel by 'n hospitaal in Cheshire in die noordweste van Engeland is stomgeslaan oor die inhegtenisname van 'n jong verpleër op klagte dat sy agt babas vermoor het.

Lucy Letby (28) was boonop 'n topstudent en is beskryf as 'n toegewyde versorger wat op 'n tyd as die gesig van 'n advertensieveldtog gebruik is om geld vir die Countess of Chester Hospital se neonatale eenheid in te samel, berig Mail­Online.

Daar is nog geen duidelikheid oor 'n moontlike motief nie, maar hospitaalowerhede krap al lank kop oor 'n skielike toename in babasterftes by die eenheid in 2015 en 2016. Altesaam 15 babas is tussen Junie 2015 en Junie 2016 in die sorg van die hospitaal dood. Dit was 'n aansienlike styging van 2013 toe twee babas dood is en 2014 toe drie babas dood is. As voorsorgmaatreël het die hospitaal onmiddellik sy diens gestaak wat die sorg van babas wat voor 32 weke gebore word, betref.

Die polisie is in Mei verlede jaar by die ondersoek betrek.

Niemand wil nog te veel sê nie, aangesien die ondersoek in 'n sensitiewe stadium is.

Letby word ook daarvan verdink dat sy probeer het om nog ses babas dood te maak.

Die polisie het Dinsdag douvoordag op haar huis naby die hospitaal toegeslaan en 'n blou tent voor die huis opgerig. Sy is in hegtenis geneem en na die plaaslike polisiekantoor geneem, terwyl haar huis deurgesoek is, berig The Sun.

Die polisieondersoek het ook ­intussen uitgebrei en kyk na die sorg van 32 babas, waarvan 17 tussen Maart 2015 en Julie 2016 dood is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!