Jong vroue bou 'n beter toekoms
Mishan Phiri, 2016-matrikulant by Windhoek Hoërskool
Die Purpose Mentorship Program is ’n niewinsgewende organisasie wat deur drie skoolvriende, wat by Windhoek Hoërskool ontmoet het, gestig.
Dié projek is van stapel gestuur om die drome en lewens van meisies in Namibië te bevorder en is in 2015 deur Julia Nampweya, Anastacia Candido en Punaye Kahuure gestig.
Die hoofdoel was om graad 12-meisies te help om hul voete te vind voor hulle die grootmenswêreld betree.
In 2015 en 2016 het The Purpose Mentorship Program 80 meisies van die Sekondêre Skool Ella du Plessis onder hande geneem en vanjaar is hulle ook by die Sekondêre Skool Hage Geingob betrokke.
Daar word ook beplan om die projek vanjaar verder uit te brei om meer meisies se lewens te verander.
Volgens die drie vriendinne verander die program veral die meisies se gesindheid teenoor hul omgewing en hul toekoms.
Die programverteenwoordigers tree as mentors vir die meisies op.
Volgens Julia, Anastacia en Punaye is daar ’n groot gebrek aan vroulike rolmodelle in die land en het Namibië sterk moederlike én susterlike leierskap nodig.
Hulle glo elke meisie moet ’n raadgewer vir elke situasie hê.
Die Purpose Mentorship Program is ook betrokke by verskeie ander projekte wat daarop gemik is om minderbevoorregte meisies te help om die droom van ’n matriekafskeid waar te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie