Jong Warriors wen, volgende teen RSA
Jong Warriors wen, volgende teen RSA

Jong Warriors wen, volgende teen RSA

Tielman vanlill
Katiti Hakuria en Venovineja Tjikundi het Vrydag in hul tweede kwalifiserende wedstryd teen Swaziland in die Sam Nujoma-stadion doele behaal om seker te maak dat die Jong Warriors die botsing met 2-0 inpalm om die eerste ronde op ’n aggrigaattelling van 4-2 te wen.
Die Namibiërs sal in Junie na Suid-Afrika reis om dié buurland in die kwalifiserende reeks vir die 2017 CAF onder 20 Afrika Nasiesbekertoernooi te takel.
Daar was verwag dat die Namibiërs ná hul gelykopbotsing (2-2) twee weke gelede teen Swaziland die knoop op tuisbodem sou deurhaak en die jong manne het beslis nie teleurgestel nie.
Spelers soos Venovineja Tjikundi, die kaptein Pandeni Kandjabanga, die vleuels Hiha Katjivena, George Hummel en Bonni Paulino junior het puik as ’n eenheid saamgespeel, voordat Hakuria ná 25 minute van ’n vryskop die skare laat juig. Baloyi Tsandib se fopbeweging het die Swazi’s lekker om die bos gelei voor Hakuria se treffer.
In die tweede helfte het Gerhard Gunter (afrigter van die Warriors) se span die ondernemende besoekers in toom gehou danksy die kwartet van Giovanni Nauseb, Kennedy Eib, Johannes Kwedhi en die formidabele Baloyi Tsandib se samespel wat deur Justice Figareido se talent aangevul is. Met net ses minute verstreke in die tweede helfte, was dit Tjikundi wat in die 51ste minuut met sy linkervoet ’n kanonskop verby doelwagter Mlamuli Lukhele stuur om die Namibiërs met 2-0 voor te plaas.
Antony Kham vervang Tjikundi, terwyl Alberto Klukowski vir Hummel vervang. Paulino junior maak plek om vir McCartney Nawaseb speelkans te gee.
Gunter was ná die sege ’n tevrede afrigter wat sy spelers geprys het.
“Ons het ’n goeie span wat vandag vernuf met hul taktiese vermoëns getoon het.
“Terwyl ons net met 1-0 voorgeloop het, was daar steeds die gevaar dat hulle ons kon inhaal. Maar die seuns het kalm gebly en die wedstrydplan uitgevoer. Die vertoning was heelwat beter as in die eerste gelykopwedstryd, want ons het nie doele afgestaan nie.
“Ons sal nou met voorbereidings moet begin, want Suid-Afrika wag vir ons.” - NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!