Jonges in Afrika vul mieliepap met vrugte aan
Jonges in Afrika vul mieliepap met vrugte aan

Jonges in Afrika vul mieliepap met vrugte aan

Volgens ’n kenner beskou jong mense en die middelklas dit as modieus en gesond om vars vrugte en groente te eet.
Vida Booysen – Die verbruik van varsprodukte geniet ’n oplewing in Afrika.

Jong mense en die middelklas beskou dit as modieus en gesond om vars vrugte en groente te eet, sê Coillard Hamusimbi, ’n konsultant vir Musika Development Initiatives en die Indaba-navorsingsinstituut in Zambië.

Hy het op die Produce Marketing Association (PMA) se konferensie en handelskou in Pretoria gesê die middelklas is ’n snel groeiende sektor van die bevolking terwyl die jonger geslag vinnig verstedelik.

“In Zambië word die tradisionele mieliepap nou met vrugte aangevul deur die jonger geslag wat moderne alternatiewe verkies.”

Die verandering in verbruikers se voorkeur en gedrag skep groei in die varsproduktebedryf.

“Die middelklas eet kos met hul oë en emosies en dit veroorsaak dat hul smake en voorkeure verander.”

Maar selfs die laerinkomstegroep het hul besteding aan vars vrugte en groente meer as verdubbel van 14% tot 32% van hul besteebare inkomste.

Hy sê die varsprodukte-bedryf in Zambië bied baie geleenthede vir die ontwikkeling van moderne varsproduktemarkte wat ook handel oor landsgrense heen in die hele gebied kan stimuleer.

Dit is een van die groot uitdagings wat die uitbreiding van markte in Afrika in die gesig staar.

“In Zambië groei die sektor met rasse skrede en jaarlikse verbruik word op ’n miljoen ton geraam, met ’n styging tot 1,4 miljoen ton teen 2020.”

Die produksie van vars vrugte en groente in Zambië sal na verwagting teen 2020 tot 2,2 miljoen ton per jaar beloop.

Nóg ’n uitdaging volgens Hamusimbi is die ongereguleerde informele opelugmarkte waar die gehalte van varsprodukte baie wissel, en die pryse gevolglik ook wisselvallig is.

Daar is ook ’n verlies van tot 30% van die oes nadat dit gepluk word omdat daar nie ’n volledige koue ketting van die plaashek tot by die verbruiker se bord is nie.

“Chaotiese bemarkingstelsels ry ook die kanse in die wiele om gesonde varsprodukte aan meer mense te verskaf en die pryse daarvan stabiel te hou.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!